Scottburgh Akkommodasie by Blue Bay Apartment | LekkeSlaap
+16

Blue Bay Apartment

6 resensies
Selfsorg

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 6 resensies vir Blue Bay Apartment
Netheid
4.5/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.2/5
Leslie H - Nov 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Leslie H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Was baie aangenaam en die gasheer het ons gemaklik laat voel.

Kamer en geriewe was goed, baie dankie. Die bed was gemaklik en die bad was heerlik. Die verwelkomende sjerrie was 'n wonderlike idee. Die tuin en uitsigte is aangenaam. Ek het gedink dat die kamer daagliks skoongemaak sou word, wat nie die geval was nie. Oprit is 'n bietjie steil, nie so lekker nie. Die privaatheid van die badkamer kan van buite verbeter word, dieselfde as die gordyne by die hoofdeur. Glasdeur sluit nie so maklik nie, wat 'n uitdaging in die donker is. Sou dit oorweeg om terug te gaan.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Was a very pleasant stay and host made us feel comfortable.

Room and facilities were good thank you. Bed comfortable and bath was great. The welcoming sherry was a great idea. Garden and views are enjoyable. I did think that that the room would be serviced daily which was not the case. Driveway is a little steep, not so great. Privacy into the bathroom could be improved from outside, the same as the curtains at the main door. Glass door doesn't lock that easily which is a challenge in the dark. Would consider going back some time.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Theo G - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Theo G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie mooi, netjies, goeie ligging en veilig, waarde vir geld.

Dit word geadverteer as self catering, maar daar is nie fasiliteite om dit as self catering te gebruik nie, slegs 'n mikrogolfoond. Moes die badkamer se wasbak gebruik om skottelgoed te was. Slegs een braaifasiliteit wat mobile is, maar deur almal gebruik moes word.

Tertia V - Jun 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Tertia V
Gesin met tieners

Netjies, smaakvol en pragtige tuin.

Sal dit beslis aanbeveel. Die tuin is pragtig, die dek en swembad 'n aanwins. Die plekkie is smaakvol gemeubileer en baie netjies, die diens vriendelik en behulpsaam. Dalk kan daar meer aandag gegee word aan die selfsorg-fasiliteite - veral waar kind(ers) saamreis. Daar is geen braaigeriewe, en ons moes vir 'n Weber-braaier vra, wat ons met ander gaste moes deel. Die klein yskassie in die eenheid het glad nie voorsien aan die behoeftes vir selfhelp-eenheid nie, (feitlik geen vriesgeriewe, ongeveer plek vir een ysbakkie). Die personeel kan ook meer aandag gee aan die skoonmaak van die oond, kaste en eetgerei-laai.

Katinka E - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Katinka E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was mooi en gemaklik, TV was bietjie klein.

Dis 'n mooi omgewing. Lekker skoon.

Rut L - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Rut L

Ons het heerlik en gerieflik gebly, omring deur mooiste tuin en uitsigte.

Pragtige blyplek met pragtige tuine en lieflike uitsigte. Die gasheer was baie bedagsaam en ons het bederfies gehad in ons blyplek. Ons sal dit beslis aanbeveel vir almal, behalwe mense wat sal sukkel teen al die trappe op.

Morne H - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Morne H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was ongelooflik lekker, nie te ver van die strand of nie. James was baie vriendelik en professioneel en die plek was baie mooier as wat die foto's my laat verwag het dit gaan wees!

James (die eienaar) het ons baie vriendelik ontvang. Hy het melk, eiers, olie en selfs n boks koekies vir ons gaan koop en in die kamer gelos. Die plek is goed in stand gehou en baie skoon. Ons het gereeld skoon handdoeke gekry, en ons privaatheid is baie hoog geag. Daar was well beurtkrag, maar James het vir ons kerse, LED liggies en puzzles gelos. Ek sal definitief weer by Blue Bay Apartments bly.

Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Vanaf R850
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Escombe-singel 17, Freeland Park, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
  • Geen kinders onder 10
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdGytKNBkDk6DqxQgHfgy6yWHRoYErhbMSg5ryvnhEjP6lSulF2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (plek vir 2) 6 5 1 5 17 Escombe Crescent Freeland Park 4180 KwaZulu-Natal 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -30.268240101115 30.758692795904
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za