Kleinsee Akkommodasie by Blue Diamond Kleinzee | LekkeSlaap
+9

Blue Diamond Kleinzee

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 48 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Derdelaan en Eerstelaan, Kleinzee Spa and Rest Camp, Kleinzee, 8282, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R590 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Blue Diamond Kleinzee is in die kusdorpie, Kleinzee, geleë. Dit bied basiese akkommodasie in 'n "pre-fab"-kompleks met 10 eenhede.

Elke eenheid het 3 slaapkamers, elk met 2 driekwartbeddens en sy eie en suite-badkamer met 'n stort. Elke eenheid bied slaapplek vir 6 mense. Linne en beddegoed word voorsien. Gaste moet asseblief hul eie handdoeke saambring.

Elke eenheid het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, 'n ketel en 'n tweeplaatstofie. Tee, koffie en suiker word vir die eerste dag voorsien. Geen opwasgeriewe is beskikbaar in die kombuisies in die eenhede nie, maar daar is wel 'n gemeenskaplike kombuis wat gaste welkom is om te gebruik, waar daar wel opwasgeriewe beskikbaar is.

Gemeenskaplike geriewe sluit 'n sitkamer met 'n TV en 'n waskamer in. Daar is ook gemeenskaplike braaigeriewe. Die kompleks is omhein en het 'n geslote hek. Elke gas sal 'n sleutel ontvang wat toegang verleen tot die kompleks, TV-kamer en die waskamer.

Ongelukkig is daar geen onderdakparkeerplek nie.

Belangrik: ontvangs is in Eerstelaan by die Kleinzee Spa and Rest Camp. Op die perseel van Kleinzee Spa and Rest Camp is daar 'n kampterrein, swembad, muurbalbane, restaurant, speelparkie, en 'n dag-spa.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans

Opsomming van Resensie

2.9 uit 5van 5 resensies vir Blue Diamond Kleinzee
Netheid
3.2/5
Diens
2.6/5
Ligging
2.2/5
Veiligheid
3.2/5
Waarde vir geld
3.2/5

Ligging

  • Hoek van Derdelaan en Eerstelaan, Kleinzee Spa and Rest Camp, Kleinzee, 8282, Noord-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R590
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R590
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 48 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoek van Derdelaan en Eerstelaan, Kleinzee Spa and Rest Camp, Kleinzee, 8282, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA4MDVkYzliLTZkNDEtNGVkYS05NTgyLTE4OTk5MzQzNjQzMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R590  per nag (vir 2 persone) 5 5 1 3 Cnr 3rd street and 1st avenue Kleinzee spa and rest camp 8282 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.678698427272 17.069373087836
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za