LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Blue Horizon Guest House | LekkeSlaap
+20

Blue Horizon Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Grensweg 56, Gordon Heights, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Blue Horizon Guest House is in Gordonsbaai geleë met die majestueuse Hottentots-Hollandberge as agtergrond en word omring deur ongelooflike uitsigte.

Hierdie moderne gastehuis word deur 'n familie besit of bestuur. Dit is net 1,5 km van Gordonsbaai se strand en restaurante af geleë, maar het tog 'n rustige ligging teen die hange van die berg. Blue Horizon spog met 'n keuse tussen kamers wat oor die see of op die berg uitkyk, warm gasvryheid, 'n verfrissende swembad en persoonlike diens. Dit is die perfekte vakansie- en sakereisbestemming. Kom beleef Gordonsbaai se pragtige, ontspanne en gasvrye kusdorpie-atmosfeer en verken die omliggende omgewing in 'n japtrap te danke aan die dorp se sentrale ligging.

Deluxe Suite A is 'n groot kamer met 'n balkon wat spog met see- en berg-uitsigte, 'n sitarea met 'n uittrekslaapbank, kombuisie met 'n wasbak, mikrogolf, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe, 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens (ekstra-lengte), 'n volledige en suite-badkamer, lugversorging, satelliet-TV, persoonlike kluis en groot klerekas.Gratis WiFi is beskikbaar.

Deluxe Kamer is 1 groot dubbelkamer wat uitloop op 'n patio met 'n see-uitsig en het 'n en suite-badkamer met stortgeriewe, 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, 'n driekwart-slaapbank, lugversorging, satelliet-TV, 'n groot hangkas, haardroër, kroegie, tee- en koffiegeriewe en 'n persoonlike kluis. Hierdie kamer kan met 'n "superior"-kamer verbind word om 'n familiekamer met een veilige deur te skep. Gratis WiFi is ingesluit by die prys.

Die "superior"-dubbelkamers is om die swembad geleë en het elk 'n en suite-badkamer met stortgeriewe, 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens (ekstra-lengte), lugversorging, satelliet-TV, groot hangkas, haardroër, kroegie, tee- en koffiegeriewe en 'n persoonlike kluis. Die kamers het 'n uitsig oor die berg of see en het toegang tot gratis WiFi.

Geriewe op die perseel sluit 'n daaglikse skoonmaakdiens, 'n gemaklike sitarea, veilige parkeerplek, 'n swembad en sonstoele in. 'n Vol Engelse ontbyt word in die eetkamer voorgesit, elke kamer het 'n persoonlike kluis, stoorplek vir bagasie, haardroërs in al die kamers, 'n kroegie, satelliet-TV en 'n wasgoeddiens teen 'n addisionele tarief.

Kenmerke

Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 10 resensies vir Blue Horizon Guest House
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Grensweg 56, Gordon Heights, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Blue Horizon Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 100
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Grensweg 56, Gordon Heights, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAuIRS4ZK9zu3OEog6QVgfCxg924JuoD1c8otmIDLcxMAsrTl8si?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100  per nag (vir 2 persone) 10 5 1 5 56 Boundary Road (listed under Grensweg) Gordon Heights 7140 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 11:00 -34.158595520535 18.882245868444
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!