Blue House 2458

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blue House 2458 in Bettysbaai is 'n pragtige, gerieflike huis met 'n uitsig oor die see en bied 'n ononderbroke uitsig van 360​° oor die see en op die berge. Die huis is op 'n groot staanplek met 'n natuurlike groenbelt tussen die eiendom en die strand.

Die uitleg is harmonieus en die huis het 2 verdiepings. Geriewe in die huis sluit ondervloerse verhitting, sekuriteitshekke, marmeroppervlaktes, vensters vanaf die vloer tot by die plafon en mooi afwerking. Die huis kan ook vir slegs 2 gaste bespreek word, aangesien die boonste verdieping toegerus is vir selfsorg. Die onderste verdieping se slaapkamers sal dan toegesluit word.

Die huis bied slaapplek aan 2 tot 10 persone in die 5 slaapkamers, almal met matte, ondervloerse verhitting, en daar is 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer, 'n balkon, 'n koninggrootte-bed en 'n instapkas. Die tweede slaapkamer het 'n en suite-badkamer, 'n balkon en 'n koningingrootte-bed, die derde slaapkamer het 'n en suite-badkamer en 'n koningingrootte-bed, die vierde en vyfde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens.

Daar is 'n ruim kuierkamer op die onderste verdieping wat lei na die patio en daar is 'n pool-tafel. Daar is ook 'n kombuisie em 4 van die slaapkamers op die onderste verdieping. Die boonste verdieping het 'n hoofslaapkamer, 'n volledig toegeruste plaaskombuis. Die kombuis het Mediterreense-flair wat lei na 'n dek aan die noordelike kant en ook die suidelike kant. Die stylvolle oopplan-uitleg sluit die kombuis, leef- en eetarea in. Die dek front na die see en is gedeeltelik onderdak. Daar is 'n draagbare ketelbraai en DStv.

Die eiendom is in 'n doodloopstraat en bied privaatheid, 'n klein grasperk, parkeerplek en sekuriteit, 'n alarmstelsel en laserstraal-sekuriteit.

Gaste moet vir 'n minimum van 2 nagte gedurende die jaar bespreek en 'n minimum van 10 nagte gedurende Desember-vakansies. Troeteldiere word nie toegelaat nie en rook in die huis is verbode.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kaggel
  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blue House 2458 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 250 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za