Blue Largo 7

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 30 Sep 2019 tot 21 Nov 2019.

Beskrywing

Blue Largo 7 is 'n tweeslaapkamerwoonstel net oorkant die straat van die strand in Westbrook. Westbrook is een van die min stil strande wat oor is aan die Noordkus van KwaZulu-Natal. Daar is wonderlike rotspoele, ideaal vir kindertjies.

Die slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed en daar is 1 badkamer met 'n stort-oor-bad wat tussen die twee kamers gedeel word. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof en oond, 'n yskas-vrieskas, tuimeldroër en wasmasjien. Die sitkamer het gemaklike sitplek met 'n platskerm-TV. 'n OVHD-dekodeerder is beskikbaar. Die leefarea lei na die skuifdeur wat oopmaak na 'n balkon wat pragtige uitsigte oor die see bied. Daar is buite-meubels op die patio beskikbaar. Gaste mag nie op die patio braai nie.

'n Skoonmaakdiens van 1 uur lank vind plaas van Maandae tot Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae uitgesluit. Let wel dat skottelgoedwas nie by hierdie diens ingesluit is nie. Die kompleks het 'n gemeenskaplike swembad en braai-area. Gaste kan hulle eie gasbraai saambring om op die stoep te braai.

Westbrook-strand is op die Noordkus van KwaZulu-Natal geleë, tussen Ballito en La Mercy. Die ligging is ideaal met die Gateway en La Lucia Mall slegs 5 minute se ry van Ballito af, wat 10 km weg is.

Geen besprekings kan gemaak word deur gaste onder 25 jaar nie. Gaste jonger as 25 jaar, moet vergesel word.

Slaapplek

'n Bespreking by Blue Largo 7 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blue Largo 7 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R925 R925 per nag (plek vir 4)

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 30 Sep 2019 tot 21 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za