Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Blue On Blue Bed and Breakfast

B&B
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandhurst-weg 9, St James, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R998 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Blue On Blue Bed and Breakfast is 'n unieke gastehuis vol kunswerke wat in die prentjiemooi kusdorp, St James geleë is. Dit is aan Valsbaai se kus tussen Muizenberg en Kalkbaai geleë. St James is gerieflik geleë tussen die middestad, wynlande en Kaappunt.

Blue on Blue was voorheen die kunstenaars Ian en Yvonne Currie se woning en die huis se karakter en boustyl herinner aan die 1920's. Die huis het djatihout- en Oregonvloere, antieke Venesiese afwerkings, kajuitvensters, glas-in-lood-kaste en sederhoutkaste. Die gastehuis is opgegradeer om in gaste se behoeftes te voorsien en kombineer nou oud en nuut en 'n kunsatmosfeer waarop die Currie's sou trots wees.

Akkommodasie word gebied in 3 lugtige gastekamers, elkeen met sy eie karakter en kleur. Die beddens het Egiptiese katoenlinne en duvets en elke kamer het 'n en suite- of privaat badkamer, 'n plafonwaaier en 'n elektriese verwarmer. Gratis WiFi is beskikbaar.

'n Volledige ontbyt met brood, kaas, jogurt en vars vrugte word voorsien. 'n Warm ontbyt word op bestelling voorberei.

Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kenmerke

Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 25 resensies vir Blue On Blue Bed and Breakfast
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Sandhurst-weg 9, St James, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
  • Gaste dink Blue On Blue Bed and Breakfast het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R998
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R998
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sandhurst-weg 9, St James, Kaapstad, 7945, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI3NjBlNzNhLWUzYzctNGEwZC1iNjFkLTU1YjFiZDZmNTgyYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R998 per nag, vir 2 mense 25 5 1 5 9 Sandhurst Road St James 7945 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -34.11868 18.45672