Blue Bays 308

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blue Bays 308 is 'n ruim, moderne woonstel slegs 50 m vanaf die strand. Dis die ideale selfsorg-vakansiehuis vir 'n ontspanne wegbreek met asemrowende uitsigte oor Tafelberg, Bloubergstrand, Big Bay en Kaapstad. Dis perfek vir individue, paartjies of sakereisigers.

Dié tweeslaapkamerwoonstel het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens met 'n volledige badkamer. Die oopplan-leefarea is volledig toegerus met gemaklike sitplek en 'n etenstafel en stoele. Daar is 'n ingeboude stoof en oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en yskas-vrieskas in die kombuis. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Ons bied ook veilige parkeerplek en 24 uur-sekuriteit.

Die woonstel is na aan verskeie restaurante, kafees, kroeë, 'n apteek, wassery en Canal Walk is sowat 7 km van ons af. Daar is heelwat doendinge in die omgewing waaronder Ratanga Junction, verskeie gholfbane, 'n Virgin Active, Tafelberg, en ons bied maklike toegang tot die lughawe en die plaaslike wynroetes.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blue Bays 308 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R980 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]