Blue Waters Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blue Waters Beach House is in Umzumbe geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamer-vakansiehuis en 'n vrystaande woonstel met see-uitsigte.

Die hoofhuis het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die hoofslaapkamer beskik ook oor lugversorging, 'n plafonwaaier, TV met DStv en 'n groot glasdeur wat oopmaak op die stoep. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en 'n plafonwaaier, en die derde kamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en plafonwaaier. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond en stoof, mikrogolfoond en groot oopplan-leefarea met 'n platskerm-TV met volledige DStv en -eetarea wat lei na die stoep met 'n swembad en ingeboude braaigeriewe.

Die knus vrystaande woonstel het 'n gesinskamer met 'n koningingrootte-bed en stapelbed, 'n badkamer met 'n stort en toilet, en 'n kombuisie met 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Die woonstel beskik ook oor 'n stoep en braaigeriewe.

Gaste kan die Blue Waters Kroeg en Restaurant besoek wat ongeveer 10 minute ver is. Daar is baie vir die kleingoed om te doen insluitend 'n klimraam en binnenshuise kinderspeelkamer. Die Blue Waters Kroeg en Restaurant is gesinsvriendelik en daar is 'n 9-putjie mashie-gholfbaan op die perseel sowel as 'n hele aantal TV's regdeur die kroeg sodat jy nie jou gunsteling sportwedstryd hoef mis te loop nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Kluis

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blue Waters Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 725 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za