Bluegum Villa 69

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bluegum Villa 69 is 'n enkelverdieping-selfsorgwoonstel en is in die Clarens Golf and Trout Estate geleë. Die perseel bied 24 uur-toegangbeheer en sekuriteitswagte, en is slegs 10 minute se ry vanaf Clarens se middedorp. Daar is trappe wat vanaf die pad na die villa lei, so dis ongelukkig nie geskik vir gaste in rolstoele nie.

Bluegum Villa bied slaapplek vir tot 4 volwassenes en 2 kinders op ’n slaapbank. Die woonstel het 2 slaapkamers, 2 volledige badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Albei die kamers het 'n koningingrootte-bed en ingeboude kaste. Daar is volledige DStv.

Die kombuis, leefarea en eetarea is oopplan. Daar is 'n etenstafel met 4 stoele en die kombuis is toegerus met 'n tweeplaatstofie, 'n yskas en mikrogolf, kombuistoebehore, breekware en eetgerei. Komplimentêre tee, rooibos, koffie, room en suiker word vir die begin van die verblyf voorsien.

Daar is ’n ingeboude kaggel, ondervloerse verhitting en elektriese komberse. Die woonstel bied toegang tot die beeldskone tuin. Die leefarea lei na ’n onderdakstoep met ’n ingeboude braai wat oor die hele Clarens en op Lesotho se berge uitkyk. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Gaste kan gholfspeel op die uitstekende 18 putjie-gholfbaan of rustig wandel tot by die klubhuis waar koffie, iets sterker en iets te ete bedien word met berg-uitsigte vanaf die klubhuis se stoep.

Alhoewel Clarens bekend is vir kunsgalerye, uitstekende restaurante en kroeë, is daar ook vele buitemuurse doendinge om te geniet. Dié dorp bied vlieghengel, voetslaan, gholf, perdry, tennis, witwatervlotvaart en 4x4-roetes. Golden Gate is slegs 10 minute se ry ver.

Maluti-toere en Afriski het kantore in die dorp waar gaste ’n toer na Lesotho kan reël, wat slegs 40 minute se ry van die naaste grenspos is. Gaste kan ook waterski slegs 2 ure se ry van die verblyf af. Gaste kan Lesotho vir ’n dag of langer besoek, en daar is verskeie toere vir somer en winter. Gaste moet hul paspoorte en geboortesertifikate vir kinders jonger as 18 jaar saambring.

Slaapplek

'n Bespreking by Bluegum Villa 69 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 1 kind
1 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Elektriese kombers
  •  Sitkamer
  •  Ondervloerse verhitting

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bluegum Villa 69 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za