Blue@Vaal

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blue@Vaal bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n opgeknapte huis en kothuis in 'n stil doodloopstraat in die bekoorlike dorpie, Parys. Dit is stapafstand van die Vaalrivier en die dorpskern af, wat 'n kuns- en antiekware-liefhebber se droom is.

Blue@Vaal se hoofhuis bied slaapplek vir 6 volwassenes in 3 en suite-slaapkamers. Die klein dubbelstapelbedkamer is ideaal vir kinders. Blue@Vaal se alleenstaande kothuis is ruim en het slaapplek vir 2 gaste. Albei eenhede is smaakvol versier en beskik oor 'n kombuis en 'n leefarea, asook 'n stoep met braaigeriewe. Elke eenheid is ingerig met 'n platskerm-TV met 'n DStv Explora Premium-pakket en daar is gratis WiFi in die huis.

Elke kombuis het groot werksoppervlaktes en is toegerus vir selfsorg met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, eetgerei en breekware. Daar is 'n gasstoof en -oond in die hoofhuis. Daar is lugversorging en waaiers in al die kamers en leefareas. Linne en badhanddoeke word voorsien en veilige parkeerplek is beskikbaar agter 'n gemotoriseerde hek.

Die dorp is binne die Vredefort Koepel-wêrelderfenisgebied geleë en daar is baie besienswaardighede en doendinge in die omgewing, asook 2 gholfbane en verskeie restaurante. Die huis is ideaal vir buitelug-entoesiaste en vir diegene wat vir die naweek wil wegkom. 'n Saterdag-skoonmaakfooi is ingesluit vir naweekgaste wat by die hoofhuis bly.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blue@Vaal gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za