Bluewater Drive

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bluewater Drive bied gerieflike selfsorgverblyf stapafstand van die strand af. Dit is ideaal vir gesinne, vriendegroepe en paartjies wat wil wegbreek na Blouwaterbaai in Port Elizabeth. Dié baai is bekend vir sy pragtige swemstrande, visvangplekke, branderryplekke en selfs vir dolfyn- en walviskyk as die seisoen reg is.

Verblyf is beskikbaar in die hoofhuis en in 'n aparte woonstel. Daar is plek vir 6 gaste in die hoofhuis wat bestaan uit 3 slaapkamers, 'n ruim sitkamer, eetkamer en 'n oopplan-kombuis. Die woonstel het plek vir 4 gaste en bestaan uit 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n oopplan-kombuis, sitkamer en eetarea.

Die huis en woonstel word apart verhuur, maar kan ook saam gehuur word vir groter groepe. Albei het braaigeriewe, parkeerplek in 'n motorhuis en DStv.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bluewater Drive gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false