Blyde River Cabin Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Blyde River Cabin Guesthouse is 'n privaat houthuisie in 'n wildreservaat op die rand van 'n bedreigde rivierwoud. Hier sal die gekabbel van die Blyderivier jou van al jou sorge laat vergeet. Die opset is ideaal vir 'n gesinswegbreek, romantiese naweek of as basis om die Blyderivier Canyon, Krugerwildtuin en ander besienswaardighede in die omgewing te verken. Ons bied doendinge op die perseel, soos begeleide uitstappies in die bos, wildritte en nagritte.

Die hut is volledig toegerus en het plek vir 6 gaste. Daar is ablusiegeriewe, DStv (in die sitkamer-area), lugversorging, veilige onderdakparkeerplek, 'n braaiplek, klimraam en sandput. Kinders van alle ouderdomme is welkom, maar hou asseblief in gedagte dat die eiendom nie omhein is nie en dat daar wild in die omtrek is.

Sit op die dek met sy pragtige uitsig oor die rivier. Ontspan en bewonder die omgewing, kyk of jy die skugter Visuil of die ander wild wat in die bosse skuil kan gewaar. Seekoeie, krokodille, nagapies, Kaapse bobbejane, waterbokke, kameelperde, koedoes, rooibokke, vlakvarke en hiënas is al van die dek af gewaar. Daar is ook tekens (klanke en spore) van meer skugter diere soos bosuile en luiperds.

Slaapplek

'n Bespreking by Blyde River Cabin Guesthouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier
  •  Kluis

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Blyde River Cabin Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za