Bo Plaas Self-catering Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Bo Plaas bied basiese, maar skoon en gerieflike selfsorgverblyf op 'n werkende plaas in Namakwaland, slegs 16,4 km vanaf Bitterfontein en 47 km vanaf Garies. Bitterfontein is die ideale oornagplek vir reisigers op die lang pad tussen Kaapstad en die Oranjerivier.

Ons bied verblyf in 'n groot selfsorg-plaashuis met slaapplek vir tot 6 gaste. Die huis het 3 slaapkamers, 1 badkamer, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n oopplan-leefarea en -sonkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n slaapbank in die sonkamer. Die kamers deel 'n badkamer en daar is 'n aparte toilet. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met gas-toebehore, insluitend 'n gasstoof en gas-geiser. Die plaashuis het nie elektrisiteit nie, maar daar is ligte wat met sonkrag werk. Buite is daar 'n lieflike, ingeslote boma-braaiplek waar jy saans die sterre kan geniet.

Bo Plaas is 'n fantastiese plek vir familie-saamtrekke of groepe vriende wat die beeldskone veldblomme wil sien wanneer dit jaarliks, tydens die lente, in 'n kleurryke tapyt ontplof.

Slaapplek

'n Bespreking by Bo Plaas Self-catering Farm sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bo Plaas Self-catering Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 R900 per nag (vir 6 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Aug 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]