Boden's Nest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Boden's Nest is in 'n stil woonbuurt in Parys geleë en bied gehalte-verblyf wat ideaal is vir 'n gesin. Dit is naby verskeie winkels, restaurante en hoof toegangsroetes.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers en het slaapplek vir 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer 'n dubbelbed, die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is 2 badkamers. Een van die badkamers in ’n en suite-badkamer in die hoofslaapkamer.

Die kombuis is volledig toegerus en het 'n vierplaatstoof, 'n dubbeldeur-oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Die huis het 3 groot leef- en kuierareas met 'n ingeboude braai en 'n kaggel.

Die privaat agtertuin het nog 'n ingeboude braai-area wat ideaal is om by te ontspan of vriende te onthaal.

Daar is 3 motorhuise op die perseel, asook genoeg parkeerplek agter 'n hek wat kan toesluit.

Die huis word Maandae tot Saterdae skoongemaak.

Slaapplek

'n Bespreking by Boden's Nest sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Boden's Nest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za