LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Bodenstadt Country Lodge | LekkeSlaap
+14

Bodenstadt Country Lodge

B&B
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Bodenstadt, , Piet Retief, 2380, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Bodenstadt Country Lodge bied akkommodasie in 'n ten volle gemeubileerde, gerieflike en rustige B&B- of selfsorgkothuis. Die kothuis is naby aan Piet Retief geleë, en binne 15 minute se ry is jy in die dorp. Die kothuis is aan die voorheuwels van die Madabugelaberge geleë en word omring deur 'n 50 hektaar pekanneut-boord. Die gebied is werklik asemrowend en is sentraal geleë ten opsigte van talle toeristebestemmings. Dis die ideale oornagplek op die pad tussen Johannesburg en Durban.

Die privaat-kothuis is baie ruim en is met pragtige kunswerke en dekor ingerig. Die kothuis beskik oor 'n slaapkamer, 'n badkamer, lieflike kombuis, en 'n knus sitkamerarea. Die groot slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens en 'n instapkas, en die badkamer bied 'n bad en 'n stort. Die ruim kombuis is goed ingerig vir selfsorg, tog is daar 'n B&B-opsie beskikbaar. Daar is 'n lieflike, privaat braai-area in die pragtuin.

Daar is 'n jolige Duitse gemeenskap in Piet Retief wat afstammelinge is van die Duitse sendingstasie wat in die laat 1800's hier gestig is. Die streek het 'n matige klimaat - dis nie te warm in die somer nie, en nie te koud in die winter nie. Daarom is dit regdeur die jaar 'n lieflike plek om na weg te breek en in die natuur te ontspan.

Ligging

  • Farm Bodenstadt, , Piet Retief, 2380, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Vanaf R600
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farm Bodenstadt, , Piet Retief, 2380, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNiZWFmYmQyLTE0MmUtNDRlZS05ZjM2LWIyMmVmZjAxN2IwYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R600  per nag (plek vir 2) Farm Bodenstadt R543 2380 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -27.101392 30.724318
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!