LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Boegoebult 80 | LekkeSlaap
+28

Boegoebult 80

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boegoebult 80, Klipfontein Plaas 249, Springerbaai Coastal Eko-Langoed Boggomsbaai, Mosselbaai, 6511, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Boegoebult 80 is in die ongerepte fynbos van die Springer Bay Eko Coastal Estate, 11 km van Boggomsbaai af. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en weg van die stadslewe. Dit is ook ideaal vir natuurliefhebbers en voëlkykers.

Die huis gebruik nie Eskom-krag nie, maar eerder 'n sonkragstelsel, gas vir die stoof en water en 'n septiese tenk. Geen persoonlike elektriese toebehore, behalwe laaiers en skootrekenaars, mag gebruik word nie. 'n Klein haardroër word voorsien.

Dié grasdakhuis bied slaapplek aan 8 gaste en het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n gastetoilet en 'n oopplan-kombuis en -leefarea.

Die hoofslaapkamer het 'n privaat patio met 2 stoele, 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n bad wat uitkyk oor die fynbos. Die ander slaapkamers is op die eerste verdieping en deel 'n badkamer wat 'n stort het. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Alle linne en badhanddoeke word voorsien. In die TV-kamer is 'n slaapbank wat ideaal is vir 2 kinders.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 10 en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n ingeboude braai. Die TV-kamer het 'n TV, sekere DStv-kanale, 4 gemaklike boontjiesakke en 'n slaapbank.
 
Die suidelike stoep het houtmeubels met kussings, 'n mandjie vol komberse en 2 hangmatte. Aan die noordekant van die huis is ook 'n beskutte stoep vir daardie winderige dae.

Daar is ook 'n wasmasjien en 'n warm buitestort. Strandstoele, sambrele en selfs strandhanddoeke is ingesluit.

Die huis word omring deur fynbos en daar is 'n oorvloed voël- en boksoorte op die landgoed.

Boegoebult 80 is stapafstand van die strand af op die promenade. Gedurende Desember is daar lewensredders aan diens. Die landgoed is veilig omhein met gekodeerde hekke na die strand.

Die landgoed is 20 km vanaf Vleesbaai en 28 km vanaf Mosselbaai.

Slaapplek

’n Bespreking by Boegoebult 80 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Boegoebult 80, Klipfontein Plaas 249, Springerbaai Coastal Eko-Langoed Boggomsbaai, Mosselbaai, 6511, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boegoebult 80, Klipfontein Plaas 249, Springerbaai Coastal Eko-Langoed Boggomsbaai, Mosselbaai, 6511, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAnebaVYKLZ9bsxqwAZ0Yn89snHVvPjmRCJzaQWRrHKGcTbkK1tD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (plek vir 8) 80 Boegoebult, Farm Klipfontein 249 Springerbaai Coastal Eco Estate, Boggoms Bay 6511 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.249703193306 21.91863131788
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!