Bokgabane Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bokgabane Lodge is op ’n privaat wildplaas geleë in die malaria-vrye Waterberge, sowat 2 ure se ry vanaf Pretoria op die N1 naby Mokopane. Die lodge bied gerieflike verblyf wat ideaal is vir ’n familie-wegbreek, kerkgroepe, jeuggroepe, spanbou, kampe en sosiale geleenthede.

Dis ’n ongelooflike wegbreek vir enige natuurliefhebber en dié wat graag wil rus. Die ruim tuin, grasperk en bome dra by tot die rustige bosveld atmosfeer. Hier kan gaste in ’n stil, privaat omgewing saam met hul familie en vriende ontspan. Die lodge word slegs aan 1 groep uitverhuur.

Die lodge het ’n ontspanningsarea met tafeltennis, snoekertafel en daar kan knus rondom ’n kaggel gekuier word.

Dié selfsorg-lodge het 5 groot dubbelkamers wat 12 enkelbeddens insluit. Elke kamer het ’n en suite-badkamer met ’n stort, toilet en wasbak. Daar is 10 permatente tente op die perseel met 2 enkelbeddens elk, asook ’n volledig ingerigte ablusieblok met storte, toilete en wasbakke. Elke tent het elektrisiteit.

Langs die lodge is 12 kampeerplekke, ook vir eksklusiewe gebruik, en ’n volledig ingerigte ablusieblok met storte, toilete en wasbakke. Elke kampeerplek het elektrisiteit.

Daar is ’n swembad en lapa wat ’n gasbraai, yskas, kroeg en groot tafel met stoele het, asook ’n kombuis wat volledig toegerus is.

Gaste kan by die boma rondom die oop vuur kuier. Gratis hout word voorsien.

Die wildplaas spog met verskeie wild soos buffels, kameelperde, njala's, koedoes en veel meer wat besigtig kan word tydens 'n komplimentêre wildrit. Die lodge is omring met inheemse bosse, plante en verskeie voëlspesies. Voëlkyk-entoesiaste sal mal wees oor dié voëlparadys.

Slaapplek

'n Bespreking by Bokgabane Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 7 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 8 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 9 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 10 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 11 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 12 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 2 - Huisves 7 persone
7 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 3 - Huisves 7 persone
7 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 4 - Huisves 7 persone
7 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bokgabane Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R8 500 per nag (plek vir 50)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za