Boksburg Homes

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Boksburg Homes is in die Parkrand Sekuriteitskompleks geleë en bied selfsorg-eenhede binne 'n omheinde sekuriteitsarea. Die enigste ingang na die area word 24 uur per dag beman en daar is wagte wat die area patrolleer.

Twee van die eenhede het 'n ruim, gemaklike sitarea om in te ontspan met studeertafels, ’n moderne kombuis en wasgoedgeriewe. Elk van hierdie groter eenhede bied slaapplek aan 5 gaste. Daar is ook ’n kamer wat ideaal is vir oornagverblyf.

Boksburg Homes is naby al die groot winkels soos Food Lovers Market, die Hyperama, Pick 'n Pay, Spar en Woolworths Food. Die Monresa Engine-diensstasie is 24 uur oop en daar is 'n Steers binne loopafstand. Die eenhede is ook naby die Sunward Park Hospitaal en die N17-snelweg.

Boksburg het maklike toegang tot O.R. Tambo Internasionale Lughawe wat sowat 15 km ver is en is 7 km van Carnival City af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Boksburg Homes gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za