Boland Park Villa B6

Voeg by Gunstelinge

 

Weeksdagaanbod 25 % af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 29 Nov 2019.

Beskrywing

Boland Park Villa B6 is 'n selfsorg-eenheid in 'n veilige kompleks in die hawedorp Mosselbaai. Die streek is bekend vir die matige klimaat, goue strande en 'n rits natuurlike, kulturele en historiese besienswaardighede.

Die grondverdiepingwoonstel het slaapplek vir 5 volwassenes en beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n slaapbank in die sitarea wat 1 volwassene of kind kan akkommodeer. Die badkamer het 'n bad en 'n stort.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en 'n wasmasjien toegerus. Die leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6, 'n knus sitkamerstel en 'n platskerm-TV met OpenView-kanale.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad, 'n braai-area en onderdakparkeerplek vir 1 voertuig. Die kompleks is met 'n elektriese heining omring en het 'n afstandbeheerde hek.

Slaapplek

'n Bespreking by Boland Park Villa B6 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kinderbank vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Boland Park Villa B6 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 R750 per nag (plek vir 5)

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 29 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za