Bolivia Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vir die perfekte balans tussen 'n volwaardige konferensiesentrum met 14 verskillende venues en akkommodasie-opsies om al jou behoeftes te pas, is Bolivia Lodge nét die opsie vir jou.

Bolivia Lodge is gerieflik geleë op 'n kleinhoewe aan die oostelike kant van Polokwane op die Modjadjiskloof-pad, sowat 6 km van Polokwane se besigheidsdistrik af, 20 minute van die Polokwane Internasionale Lughawe af, en net 700 m van Mall of the North af.

Bolivia Lodge is bekend vir sy rustige bosveld-atmosfeer en is die ideale opsie vir enige tipe geleentheid of konferensie met akkommodasie-opsies om die ervaring nog beter te maak.

Ons het 'n verskeidenheid akkommodasie-opsies: Luukse eenhede, Standaard-eenhede en Sakpas-eenhede.

Elke kamer het 'n en suite-badkamer met stort en bad, en 'n keuse van enkelbeddens, dubbelbeddens of koningingrootte-beddens in die kamers, 'n TV met DStv en gratis WiFi, lugversorging en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook bystand kragopwekkers (diesel) indien beurtkrag toeslaan.

Daar is voldoende veilige parkeerplek sowel as 24 uur-ontvangs beskikbaar. Geriewe op die perseel sluit 'n swembad, kroeg, lugtyd-koopmasjien en klein kiosk in.

Die konferensiesentrum kan 8 tot 1400 gaste akkommodeer, afhangende van die tipe geleentheid (troues, konserte, uitstallings, bekendstellings, gala-geleenthede, spanbousessies en vergaderings inkluis). Ons het 2 kragopwekkers byderhand indien die krag vir een of ander rede probleme gee.

Bolivia Lodge bied 'n gratis minibus-pendeldiens na en van die winkelsentrums, lughawens, busstasies en sportstadions op versoek aan.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Kantoorgeriewe
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bolivia Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R605 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za