Sentraal Mosselbaai Akkommodasie by Bon Voyage Guesthouse | LekkeSlaap
+24

Bon Voyage Guesthouse

7 resensies
Gastehuis

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 7 resensies vir Bon Voyage Guesthouse
Netheid
4.6/5
Diens
4.1/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.1/5
Maria Aletta N - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
1/5
Maria Aletta N

Vir die bedrag per dag is dit nie die moeite werd om daar te bly nie.

Toe ons daar aankom was hulle nog besig met verbouings aan die huis. Eerstens moes op klippies na 'n parkeerarea toe ry wat hulle gegooi het omdat hulle besig is met aanbouings. Ons kar sit toe eendag vas by die ingang waar die klippies gegooi was omdat die kar baie laag is en toe ons om hulp vra toe stuur hulle die bouers om ons te help en in die proses is die voorste wiel van die kar beskadig en eers na die voorval het ons 'n remote gekry om by die hek in te ry. Die kombuis is baie klein en geen ordentlike plek om te sit en eet nie. Die stort het oorgeloop, die TV in die een kamer het nie gewerk nie en toe ons om hulp vra, was Fanie baie ongeskik met my moeder en het gevra wanneer het ons die TV gebreek en ons het hom nie eers gebruik nie. Die toilet het water gelek. Daar was nie 'n besem om uit te vee nie en geen broodrooster nie. In die tydperk van verblyf van 12 dae het hulle 2 keer skoongemaak. Daar is geen privaatheid daar nie.

Bon Voyage Guesthouse's terugvoer

Goeie dag Maria,
Dankie vir jou resensie.
Ons is jammer jy het nie jou verblyf by ons geniet nie. Dit is vir ons baie teleurstellend om dit te hoor, aangesien ons spesiale aandag geskenk het met julle vereistes.
Ons was besig met ‘n opgradering van ons hele perseel en het om verskoning gevra vir enige moontlike ongerief, aangesien die bouers nie die projek betyds kon afgee soos beplan nie.
Dit is jammer dat julle ons nooit meegedeel het van ‘n beskadigde voorwiel nie, omdat daar versekering vir sulke skade is.Weens die voorval met die pad het ons julle toegang tot ons privaaterf gegee.
‘n Baie belangrike punt is dat die bespreking vir n Bed en Breakfast gemaak is. Die kitchenette is ‘n bonus en die kamers is nie as selfsorg geadverteer nie. In verband met die TV het ons n nuwe remote gekoop en het iemand gestuur om die TV reg te maak.
Al ons kamers het hul eie privaatingang en die gaste hoef glad nie van die hoofhuis gebruik te maak nie. Ons gaste se privaatheid is vir ons ‘n prioriteit.
Die netheid en hoe skoon ons kamers is, is vir ons ‘n absolute prioriteit en ons is jammer die jy dit nie so ervaar het nie.
Ons vra weereens om verskoning vir die ongerief.

Bon Voyage Guesthouse
Ilze B - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ilze B
Gesin met klein kinders

Asemrowend pragtig, netjies en rustig.

Die plek is pragtig ingerig, so netjies en ruik verskriklik lekker. Die gasvrou en haar man het ons so welkom laat voel. Sal beslis weer hier kom bly. Dankie Adri en Fanie.

Bon Voyage Guesthouse's terugvoer

Liewe Ilze,
Baie dankie vir die positiewe terugvoer! Ons sien uit daarna om julle weer by ons te verwelkom!
Volgende keer bly julle net langer!

Bon Voyage Guesthouse
Chris V - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Chris V
Enkelreisiger

Waarde vir geld.

Baie aangename en vriendelike eienaar. Eenheid was baie netjies en alles was in werkende orde. Daar was alles wat mens baie tuis en gemaklik laat voel - soos vol DStv, lugversorging, haardroër (vir die wat een nodig het), filterwater en melk in die yskassie, koffie, suiker, tee, 'n lekkertjie en kraffie met sherry. Die eienaars gaan duidelik uit hulle pad om dit so aangenaam as moontlik vir hulle gaste te maak. Ek sal beslis weer hier gaan oorbly as ek in Mosselbaai is. Dankie Adri en tot weersiens.

Bon Voyage Guesthouse's terugvoer

Beste Chris,
Baie dankie vir die positiewe terugvoer! Ons sien uit daarna om jou weer by ons te verwelkom.
Vriendelike groete,
Adri
Bon Voyage

Bon Voyage Guesthouse
Christo V - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Christo V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Goeie waarde vir geld.

Goeie waarde vir geld, ligging sentraal en veilig.

Bon Voyage Guesthouse's terugvoer

Beste Christo,
Baie dankie vir die positiewe terugvoer.
Vriendelike groete,
Adri
Bon Voyage

Bon Voyage Guesthouse
Helena T - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Helena T
Enkelreisiger

Heerlik oornag in ruim, skoon kamer met baie vriendelike ontvangs.

Ruim kamer met alles wat 'n mens nodig het vir oornag, skoon en baie netjies - baie belangrik vir my en die kamer kry volpunte daarop. Ekstras soos tee en koffie in die kamer met beskuit, melk, koue water en iets vir die soettand, maak dat 'n mens baie welkom en tuis voel. Ek het die buurt ook as baie stil en rustig ervaar. Baie vriendelike gasvrou! Baie dankie.

Bon Voyage Guesthouse's terugvoer

Helena,
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer, Volgende keer bly jy langer dat ons jou behoorlik kan bederf!
Vriendelike groete,
Adri
Bon Voyage

Bon Voyage Guesthouse
Rita N - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Rita N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitstekend in 'n warm, vriendelike omgewing.

Sal vir seker weer gebruik. Dankie, Adri, dit was 'n aangename ervaring.

Bon Voyage Guesthouse's terugvoer

Beste Rita
Ons sien uit daarna om julle weer by ons te ontvang.

Bon Voyage Guesthouse
Caroline H - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Caroline H
Enkelreisiger

Uitstekinde diens.

Rus en vrede en veilig en gasvry.

Bon Voyage Guesthouse's terugvoer

Carel,
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Dit was vir ons heerlik om jou by Bon Voyage te akkommodeer. Volgende keer bring jy die hele gesin saam.
Bon Voyage-groete,
Fanie & Adri

Bon Voyage Guesthouse
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R800
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 54 , Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5KGZbJlhfmgm2R1kTsju72VArOgud5EAsZQmEONg9dXL1jtQ8F?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R800  per nag (vir 2 persone) 7 5 1 5 54 Church Street Mossel Bay 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.189094811191 22.139005449074
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za