Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bona Vista Self-Catering Accommodation

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bona Vista, Klapmuts, Paarl, 7625, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ontdek 'n Kaapse juweel. Bona Vista Self-Catering Accommodation is in die hartjie van die Kaapse Wynlande en word omring deur skilderagtige berge. Bona Vista bied 11 selfsorgkamers met en suite-badkamers en 2 kothuise in hierdie pragtige plaas-omgewing, net 10 km van die Paarl af en 15 km vanaf Stellenbosch.

Elke kamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en 'n privaat onderdakstoep. Elke kamer het ook 'n en suite-badkamer met 'n toilet en 'n stort. Verder word haardroërs, lugversorging, gratis WiFi en 'n DStv-hotelpakket voorsien. Die kombuisarea het 'n yskas, mikrogolfoond, wasbak, ketel, broodrooster, elektriese braaipan, breekware en eetgerei. Braaigeriewe is ook beskikbaar.

Bona Vista word omring deur welige boorde, wingerde en veekampe met asemrowende panoramiese uitsigte. Ervaar die plaaslewe terwyl jy in een van ons stylvolle, moderne kamers bly. Beleef die skoonheid en vrede van die natuur wat jou omring.

Die verblyf streef daartoe om die koolstofvoetspoor van die eenhede te verminder deur herwinbare energiebronne te gebruik. Sonpanele voorsien elektrisiteit. Dit is volhoubaar en het 'n positiewe impak op die omgewing en verseker dat elektrisiteit te alle tye beskikbaar sal wees.

Daar is goeie restaurante en wynproe-geleenthede in die omgewing. Dié plek is ideaal vir diegene wat smag na rus en vrede. Moenie vergeet om saans 'n draai te maak by een van die puik restaurante in Stellenbosch of die Paarl nie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 185 resensies vir Bona Vista Self-Catering Accommodation
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Bona Vista, Klapmuts, Paarl, 7625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bona Vista Self-Catering Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Bona Vista, Klapmuts, Paarl, 7625, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA82e8d460b9cdef94d6f6bc5c388e579f56f583f908f23c4188566274c44b331474d9713c225740d3818346d6cee2329f32aa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 185 5 1 5 Bona Vista Klapmuts 7625 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.79121654409 18.880116194487