Bonamanzi Lodge
- Kapasiteit: 53 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Luiperdshoek 149, Uitbreiding 10, Roossenekal, 1160, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R666 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Bonamanzi Lodge is aan die oewer van die Steelpoortrivier in die Luiperdshoekvallei, 31 km vanaf Roossenekal, geleë. Die lodge is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n vakansie- of sakewegbreek, met lekker doendinge soos wildritte en kunsvlieghengel.
Bonamanzi Lodge bied verblyf in 16 ruim kamers, waarvan almal oor die Steelpoortrivier en leeukamp uitkyk. Die kamers het elkeen 'n dubbelbed of driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer. Al die kamers beskik oor gratis WiFi en koffie- en teemaakgeriewe. Ontbyt en ander maaltye word op versoek in die eetsaal bedien.
Die lodge het ook 'n kontantkroeg, 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe en gaste kan heerlik op 'n binneband ontspan of Zipline by die rivier. By dié lodge kan jy ook met leeuwelpies speel of op 'n 4x4-rit gaan. Vir die sakereisigers is daar 'n konferensie-venue vir 50 afgevaardigdes. Verder kan daar ook vir spanbou, troues, skool- en jeuggroepe voorsiening gemaak word.
In dié vallei skuil sommige van Suid-Afrika se grootste koedoes, asook luiperds, impalas, bosvarke, vlakvarke, bosbokke, duikers en nog meer. Die rivier is ideaal vir kunsvlieghengel.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Luiperdshoek 149, Uitbreiding 10, Roossenekal, 1160, Limpopo
Sien meer verblyf in Roossenekal Platorand Limpopo
- Kapasiteit: 53 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Luiperdshoek 149, Uitbreiding 10, Roossenekal, 1160, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom