LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Bonsai | LekkeSlaap
+19

Bonsai

7 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hurst-straat 684, Hankey, 6350, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

Bonsai is in die rustige dorpie Hankey in die Oos-Kaap op pad na die Baviaanskloof in die pragtige Gamtoosvallei.

Die huis het 2 slaapkamers met slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, plafonwaaier en lugversorging. Die tweede slaapkamer het 2 dubbelbeddens en 'n plafonwaaier. Beddegoed en linne word voorsien. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuisie is toegerus met als wat gaste vir selfsorg sou benodig, insluitend koffie- en teemaakgeriewe, 'n tweeplaatstoof, yskas en mikrogolf.

Die kuierarea het 'n ingeboude braai en koolstoof vir koeler aande. Daar is 'n lang tafel met genoeg sitplek vir gesellige samesyn. Verder is daar ook 2 TV's met DStv (dual view), en gratis WiFi.

Buite is 'n lieflike vuurput waar gaste onder die sterrehemel kan kuier.

Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Die omheinde tuin is lekker ruim, so gaste kan hul troeteldiere saambring.

Hankey is net 41 km vanaf Jeffreysbaai, wat dit ideaal maak om vir die dag uit te ry strand toe.

Gaste wat nie lus is vir kosmaak nie sal baat vind by talle winkels, restaurante en wegneemeetplekke in die omtrek. Daar is bv. varsgebakte brood, tuisgemaakte konfyt, vetkoek, hamburgers, pizzas en vele meer om van te kies. Braaipakke met slaai is op versoek beskikbaar.

Bonsai is ideaal vir 'n gesin of groep vriende.

Slaapplek

’n Bespreking by Bonsai sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 6 persone
3 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 7 resensies vir Bonsai
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Hurst-straat 684, Hankey, 6350, Oos-Kaap
  • Gaste dink Bonsai het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 500
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R1 500
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hurst-straat 684, Hankey, 6350, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6CAf6Kuo64Uzt8b4XIbNFID4Bi1cAkrtcY3rFPeHxf65qDHHPl?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (vir 6 persone) 7 5 1 5 684 Hurst Street Hankey 6350 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -33.835114148112 24.882334023714
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!