Opsomming van Resensie
Corli P - Aug 2022
Gemiddeld
Sentraal geleë, ruim kamer met vriendelike diens.
Lees meerBoord Guesthouse se terugvoer
Liewe Corli,
Dankie vir jou pragtige resensie. Daardie James glimlag vanoggend van oor tot oor, jy het sy dag gemaak. Ek is baie bly julle het dit geniet en ons sien uit om jul terug te verwelkom.
Allerbeste wense
Sherry
Hendre J - Jul 2022
Gemiddeld
Heerlike oornagverblyf in mooi omgewing.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Hendre
Dit was heerlik om julle te verwelkom en ons sien uit na jul volgende besoek. Ons is bly julle het dit geniet - baie dankie vir die volpunte wat jy gegee het: die staf se ogies blink sommer vanoggend. Hulle gee altyd hul bes. Baie baie dankie.
Allerbeste Wense
Sherry
Matwill F - Jun 2022
Gemiddeld
Friendly, clean, spacious room.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dear Matwill,
It was an absolute pleasure having you and we look forward to your next visit.
Warmest Regards,
Sherry
Juan R - Mei 2022
Gemiddeld
Ons was baie vriendelik verwelkom. Die ontbyt was heerlik.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Juan
Dankie vir die pragtige woorde. Dit was vir ons 'n voorreg om julle te ontvang en ons hoop jul kom gou weer. Ons doen altyd ons bes.
Allerbeste wense
Sherry
Sanette J - Mei 2022
Gemiddeld
Netjies, ruim en gemaklik.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Sanette,
Ons is baie bly om te hoor julle was so tevrede. Dis altyd vir ons 'n riem onder die hart, want ons doen ons beste. Ons sien uit om julle volgende keer terug te verwelkom. Dankie dat julle by ons gebly het.
Allerbeste Wense
Sherry
Carin L - Mrt 2022
Gemiddeld
Baie vriendelike, hulpvaardige personeel met gerieflike kamers.
Boord Guesthouse se terugvoer
Ai Carin dit was mos nou darem net een baie groot plesier!
Ons hoop dit gaan nou al baie beter met "ons" liewe pasient!
Sterkte en dankie dat julle by ons gebly het.
Allerbeste wense van Sherry en Span.
Heila V - Feb 2022
Gemiddeld
Baie lekker.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Heila
Dankie dat julle by ons gebly het. Ons is baie bly jul het dit geniet en ons sien uit om jul terug te verwelkom.
Allerbeste Wense
Sherry
Annemarie N - Jan 2022
Gemiddeld
Baie lekker, vriendelike personeel.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Annemarie,
Dit was heerlik om julle lekker familie te he en ons sien uit om jul weer terug te verwelkom.
Dankie dat jy moete gedoen het met n volpunte review - vir alles!
Ons probeer altyd ons bes en ons waardeer dit opreg.
Allerbeste Wense
Sherry
Sunet N - Des 2021
Gemiddeld
Gesinskuier.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Sunet,
Dankie dat julle by ons gebly het.
Daar is grondverdieping kamers vir mense wat nie trappe wil klim nie. Dalk volgende keer daar bespreek. Party van ons kamers het lekker oop kaggels.
Ontbyt word in die winter voor ons oop kaggel bedien en in de somer langs die swembad. Ons ontbyt is altyd dieselfde en bestaan uit die volgende om te kies - of om alles te neem:
- Hawermout met heuning en versnipperde droee vrugte,
- Engelse Ontbyt met keuses van spek, roosterbrood (wit of volgraan - jy kies) gebraaide tamatieskywe, "baked beans", sampioene - en eiers nes jy wil he (gebraai, geposjeer, roereiers of hardgekookte eiers - jy kies)
- "French Toast met goue stroop.
- Gerasperde kaas, komkommer, slaai en piesangbrood of roosterbrood
- Drie soorte tee, moerkoffie of poeierkoffie, lemoensap, warm sjokolade, marmelade, arbeikonfyt, heel groenvye of gemmer, Bovril, souse ens, ens. .
Groete
Sherry
Talita M - Des 2021
Gemiddeld
Aangename verblyf met alle moontlike geriewe.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Talita,
Dit was n voorreg om sulke heerlike gaste soos julle te hé. Ons sien uit na jul volgende besoek. Dankie vir die mooi woorde. Geseende Kersfees.
Allerbeste Wense,
Sherry
Answa P - Aug 2021
Gemiddeld
Ons het heerlik gebly by Boord Gastehuis!
Boord Guesthouse se terugvoer
Dankie vir jou mooi woorde Answa. Ons waardeer dit opreg. Kom gou weer. Dit was lekker om jou hier te hê.
Janke V - Jul 2021
Gemiddeld
Ideaal!
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Janke,
Baie dankie vir jou mooie woorde. Dankie dat jy by ons gebly het. Kom gou weer.
Beste wense,
Sherry
Noddy S - Jul 2021
Gemiddeld
Dit mag ’n cliché wees, maar die Boord Gastehuis is 'n ware tuiste weg van die huis .
Boord Guesthouse se terugvoer
Baie dankie vir die wonderlike aanbeveling. Julle en Yogi was nommerpas ons geliefkoosde soort gaste. Dankie dat jul by ons gebly het. Ons sien uit om jul gou weer in Stellenbosch te verwelkom.
Jan V - Jun 2021
Gemiddeld
Baie bevredigend.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Jan,
Dit was heerlik om jul hier te he en jul goedgemanierde, pragtige skoon dierekind is enige tyd weer welkom. Dankie dat julle ons gekies het.
Allerbeste Wense,
Sherry
Christian B - Mei 2021
Gemiddeld
Koue klipvloer. Nie weer in die winter nie.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Christiaan,
Jammer jy het nie baie lekker gebly nie, maar ek is bly jy het, soos jy se, die goeie ontbyt voor ons oop kaggel geniet, en ek is ook bly jy het die warm watersak, die lekker sjokolade en klein glasie sjerrie geniet voor slaaptyd. Ons doen ons bes.
Die klipvloere word daagliks met ontsmetmiddel gewas, met ons baie streng Covid protokol, vir ons gaste se veiligheid. Mens kan dit ongelukkig nie met matte doen nie, kan mens? Ek volg op oor die beweerde swart merke op die handoeke.
Dan, 50% van ons kamers het heerlike oop kaggels in en die res het lekker knus olieverwarmers. Al ons gordyne het benewens "block-out" ook dik wollerige knus voering. Oor die traagheid van die afstandbeheer kan ek nie kommentaar lewer nie. Hul word daagliks getoets, as deel van ons roetine. Hulle werk.
Groete
Sherry
Charl L - Mei 2021
Gemiddeld
Okay.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Charl,
Ons sluit definitief ons voordeur en neem definitief die sekuriteit van ons inwoners ernstig op, so ek is jammer, maar jy gaan definitief altyd ons voordeurklokkie moet lui. Ons het gevolglik nog nooit ooit enige insidente gehad nie. Ons is in n baie veilige area, ek weet, en ten spyte daarvan, is ons versigtig. Ons sal nooit ons voordeur laat oopstaan nie. Dis ononderhandelbaar.
Groete
Sherry
Anita B - Mei 2021
Gemiddeld
Wegbreeknaweek na Stellenbosch.
Boord Guesthouse se terugvoer
Baie dankie dat julle by ons gebly het. Dit was vir ons heerlik om julle te verwelkom. Dankie vir die mooi woorde, ons waardeer dit opreg. Kom gou weer!
Annelise V - Mei 2021
Gemiddeld
Baie aangenaam, vriendelik, behulpsaam.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Annelise,
Baie dankie dat julle by ons gebly het en dankie vir die mooi aanbeveling. Ons waardeer dit opreg en sien uit om jul gou weer terug te verwelkom.
Allerbeste Wense,
Sherry
Dr Kolie V - Apr 2021
Gemiddeld
Goeie diens en vriendelike bestuur.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Dr,
Dit was vir ons heerlik om u te hé by die Gastehuis, en ons hoop ons sien u gou weer. Dankie dat u die moeite gedoen het om vir ons 'n pragtige resensie te pen. Ons waardeer dit opreg.
Vriendelike Groete
Sherry Hoogenhout
Etienne C - Apr 2021
Gemiddeld
Goed ontvang.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Etienne
Baie dankie vir die mooi woorde. Ons sien uit na jul volgende besoek. Dit was baie lekker om julle te verwelkom.
Allerbeste Wense
Sherry
Alex L - Mrt 2021
Gemiddeld
Baie gerieflik!
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Alex
Dankie vir die mooi woorde. Ons waardeer dit opreg. Ons sien baie uit om jul terug te verwelkom. Geniet die Paasnaweek.
Allerbeste Wense
Sherry
Charmaine C - Mrt 2021
Gemiddeld
Absoluut fantasties!
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Charmaine
Dit was heerlik om julle te verwelkom en ons hoop om julle weer te sien. Dankie vir die pragtige review.
Allerbeste Wense
Sherry
Engela P - Mrt 2021
Gemiddeld
Wonderlike geriewe, flink en vriendelike diens.
Lees meerBoord Guesthouse se terugvoer
Liewe Engela,
Dit was heerlik om jul hier te he en ons sien baie uit om jul terug te verwelkom.
Allerbeste Wense
Sherry
Karen H - Mrt 2021
Gemiddeld
Student kom aflaai by die universiteit.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Karen
Dankie dat jul by ons gebly het en dankie vir al die mooi dinge wat jy se, ons waardeer dit opreg. Kom kuier gerus gou-gou weer!
Allerbeste Wense
Sherry
Sylvia T - Jan 2021
Gemiddeld
Familiekamer is baie netjies. Ontvangs was vriendelik.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Sylvia,
Ja ek moet se, ek stem saam met jou, dat een gastehuiskamer beknop kan voel as jy vyf groot mense daar insit. Mense met tieners sit gewoonlik die kinders in hul eie kamer. Maar almal by mekaar kan gesellig wees en ek is bly jul het dit as n aangename vriendelike omgewing ervaar. Die besienswaardighede is inderdaad maklik bereikbaar. Die voetgangers is maar mensies wat werk toe stap en in ons stil cul de sac is die sekuriteit regtig nie n probleem nie.
Vriendelike Groete
Sherry
Frans K - Jan 2021
Gemiddeld
Aangename, vriendelike omgewing.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Frans
Dankie vir die moeite om ons te resenseer. Ons waardeer dit opreg. Ons is so bly dat dit lekker was- ons probeer altyd ons uiterste bes. Ons hoop om jul gou weer terug te verwelkom.
Allerbeste Wense
Sherry
Albertus V - Des 2020
Gemiddeld
Baie netjies en goed gediens.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Albertus,
...en insgelyks was julle net n absolute genot as ons gewaardeerde gaste! Baie baie dankie vir jul ondersteuning in hierdie tyd. Ons waardeer dit dubbel en dwars. Kom gou weer. Voorspoed vir 2021.
Allerbeste Wense,
Sherry
Michelle S - Nov 2020
Gemiddeld
Meer verwag.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Michelle
Dat u nie sherry en sjokolade gekry het nie is 100% nie reg nie- al ons gaste kry dit.
As u nie in die kamer is tydens “turn-down” nie kan ons uiteraard tog nie sherry aanbied nie - maar daar wag steeds sjokolade op elke kussing. Ek sien tog u was meer positief oor ons ligging en ons waarde vir geld. Dankie daarvoor.
Die Internet was af want die nare padbouers op die R44 het die veselkabel beskadig. Dis frustrerend, ek weet, maar immers buite ons beheer? n Hotelkamer wat 4 volwassenes akkommodeer is eerstens uitsonderlik en tweedens, met alle respek, sal daar dan uiteraard minder spasie wees. Ons kamers is uitsonderlik ruim. Juis daarom kan ons 4 volwassenes in een kamer ontvang.
Beste Wense
Sherry Hoogenhout ( eienaar )
André N - Mrt 2020
Gemiddeld
Baie aangenaam.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Andre
Dit was heerlik om julle te ontvang en ons hoop julle gaan dikwels in die toekoms weer kom kuier. Dankie dat julle by ons gebly het.
Beste wense,
Sherry
Deon K - Mrt 2020
Gemiddeld
Acceptable.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dear Johannes,
With all due respect, I do think that this forum is more interested in the Guesthouse than in the spider web and leaves you saw outside in the garden. In all fairness, it is autumn and leaves do fall.
The braai was used by guests this weekend and they said it was lovely, not sure what was in disrepair, but I thank you for your garden notes and I will certainly make an extra effort outside.
I see you gave our location full marks and you thought security was good. I am glad that you were happy with that. I wish you had said something about the guesthouse itself, I am assuming you were happy with that.
Yours truly,
Sherry
Jacqueline S - Feb 2020
Gemiddeld
Heerlike tyd gehad.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Jaqueline,
Baie dankie dat julle by ons gebly het,dit was vir ons ook lekker. Ons is so bly jul het lekker geslaap en van die personnel gehou. Die lugging is lekker uit die verkeerschaos van Stellenbosch en lekker net 5 min binne trefafstand van die middedorp. Ons sien baie uit om jul gou weer terug te verwelkom.
Allerbeste wense
Sherry
Yolande T - Nov 2019
Gemiddeld
Dit was ok.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Yolande,
Ek onthou jul besoek baie goed.
As 'n spesiale vergunning, het ons julle vroeg laat inboek teen 12nm - en nie 2nm soos gewoonlik nie. In die haas, het die staf toe een teelepel en een koffiebeker wat nog in die groot kombuis se skottlgoedmasjien was, nie betyds terug in die suite se kombuisie besorg nie. Ons het natuurlik dadelik op jou klagte daaroor gereageer, soos jy goed sal onthou.
Wat die spieeltafel betref, is jy reg. Daar is 'n klein, ronde eetkamertafel en twee eetkamerstoele in die sitkamergedeelte van die suite en in die slaapkamergedeelte van die suite is daar 'n vollengte spieël sowel as 'n kleiner spieël met 'n prop en 'n haardroër. Ek onthou baie goed dat jy gesê daar was nie n haardroër prop by die spieël nie - tot ons dit vir jou gewys het. Ek onthou ook baie goed dat jy n 50% afslag gevra het vir hierdie rede. Jy het ons hierdie resensie belowe toe ons weier. Ons het ook die agentskap daarvan verwittig.
Ek is bly om te hoor dat jou verblyf egter ten spyt daarvan “ok” was.
Vriendelike groete
Sherry
Marié H - Sep 2019
Gemiddeld
Aangename verblyf, met vriendelike personeel, maar pasop vir die trap.
Lees meerBoord Guesthouse se terugvoer
Beste Marie,
Dankie vir al die positiewe treugvoer. As gewardeerde gaste sit ons jul volgende keer by u versoek op die grondverdieping.
Allerbeste Wense
Sherry
Jamie S - Jun 2019
Gemiddeld
Aangenaam en ontspanne.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Jamie,
Dankie vir die heerlike aanbeveling. Ons sien uit om u gou weer te verwelkom!
Beste wense
Sherry
Chantelle K - Jun 2019
Gemiddeld
Baie vriendelike personeel en sal beslis weer daar gaan bly, dit was tops!
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Chantelle,
Dankie vir die wonderlike pluimpie vir my personeel, dit is n riem onder my hart. Kom kuier gou weer!
Vriendelike Groete
Sherry
Michael R - Jun 2019
Gemiddeld
Alles wat ek nodig gehad het, byderhand - met uitstekende diens besprinkel!
Lees meerBoord Guesthouse se terugvoer
Beste Michael,
Dankie vir die wonderlike terugvoering....ons hoop om u gou weer te verwelkom!
Groete
Sherry
Monique B - Mei 2019
Gemiddeld
Lekker bederf.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Monique
Dit was lekker om julle te verwelkom. Dankie vir die wonderlike evaluering. Ons sien uit na jul volgende besoek.
Allerbeste wense
Sherry
Pierre En Rothea V - Mei 2019
Gemiddeld
Baie aangenaam in veilige omgewing.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Rothea,
Baie dankie vir die aanbevelings. Dit was lekker om jou te verwelkom. Kom kuier gerus gou weer.
Groete
Sherry
Pierre En Rothea V - Mei 2019
Gemiddeld
Baie aangenaam in veilige omgewing.
Maurizio B - Apr 2019
Gemiddeld
Nice, clean place, with excellent breakfast, spacious rooms and efficient staff.
Lees meerBoord Guesthouse se terugvoer
Dear Maurizio,
Thank you so much for the lovely review. We are truly very happy that you liked the room, the staff and our breakfast. We love it if our guests are satisfied. Regarding our position, it's one of those things: hotels in the very centre have complaints from guests about no parking and terrible traffic jams. I suppose it depends. It really does. You have to go a little further to get into town from us, but we offer very quick and easy access to all the wine farms. But I can see you loved Stellenbosch and we really look forward to welcoming you back.
Warmest regards,
Sherry
Hans V - Apr 2019
Gemiddeld
Luxury guesthouse which ticks all the boxes.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dear Hans,
Thank you for your kind words and for taking the trouble to review us. We appreciate that hugely. We are so glad you enjoyed your stay. We hope to welcome you back soon.
Warmest Regards,
Sherry
Calvin B - Apr 2019
Gemiddeld
Beautiful and quaint place, in a Stellenbosch.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dear Calvin,
Thank you for your really lovely compliments. We do appreciate your kind words.
I must point out that we do serve Gipsey Ham with our Eggs Benedict as well as our Tomato and Ham Omelettes.
You just need to order. We really hope to welcome you back soon. You will always be welcome at Boord Guest House.
Warmest regards,
Sherry
Charmaine S - Feb 2019
Gemiddeld
Fantasties!
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Charmaine, Hartlike dank vir die wonderlike beoordeling. Dit was vir ons n voorreg om jou te verwelkom en ons hoop om jou gou weer te sien. Dankie dat jy by ons gebly het.
Allerbeste Wense,
Sherry
Lisbeth B - Feb 2019
Gemiddeld
Gerieflik om by te oornag vir 'n besoek aan die Medikliniek.
Boord Guesthouse se terugvoer
Goeiedag Liz,
Baie baie dankie vir die pragtige en bemoedigende woorde. Ons waardeer dit opreg. Volgede keer moet ons sorg dat julle in een van ons onderste kamers bly.
Beste wense,
Sherry
Louw P - Feb 2019
Gemiddeld
Baie netjies and vriendelike mense.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Louw
Dankie aan 'n baie lekker en vriendelike gas. Ek is so bly jy het die kamer en die ontbyt so geniet. Ons hoop ons sien jou sommer gou weer.
Allerbeste wense
Sherry
Martin H - Des 2018
Gemiddeld
It was a most enjoyable stay!
Boord Guesthouse se terugvoer
Dear Martin,
We are happy that you found our hospitality, facilities and service exceptional. That is such an encouraging review. We really appreciate it and we hope to have you back to visit soon. Happy New Year.
Warmest Regards
Sherry
Jeanine A - Des 2018
Gemiddeld
Rustig!
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Jeanine,
Baie, baie dankie en beste wense vir n wonderlike Feesgety.
Van almal hier by Boord Gastehuis
Zanet M - Nov 2018
Gemiddeld
Personeel was baie behulpsaam en vriendelik.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Zanet
Baie hartlik dankie vir die volpunte resensie. Ons sien baie uit om jou sommer baie gou weer terug te verwelkom. Dankie dat jy by ons gebly het. Alle voorspoed jou toegewens vir 'n voorspoedige 2019.
Allerbeste wense, Sherry.
Marietjie O - Nov 2018
Gemiddeld
Okay.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Marietjie, ons is bly dat julle van ons groot en lekker kamers gehou het. Die vloer, handoek en vatdoek kwessies is baie streng onder die nuwe skoonmaker se aandag gebring en nou kan jy van sy vloere af eet. Ons gesondheidsontbyt sluit 3 verskillende brode, konfyte en ingelegte groenvye in, gevarieerde joghurts, vars bereide vrugteslaai, vars groenteslaai en gerasperde kaas. Soetgoed soos doughnuts en Hertzoggies, vars vrugtesappe, verskeie tee's, vars gemaalde koffie, sjokolade drankie, graankosse en eiers soos jy bestel. Plus die keuse van warm mieliepap met heel mielies en botter, of hawermout met rosyne en heuning. Die keuse vir die dag, bv ham en sampioen omelette, eiers benedict met ham, kaas en tamatie omelette, roereiers op Franse roosterbrood, ens. Ons is diep teleurgesteld dat julle dit as "niks om huistoe te skryf nie" beskou. Jammer vir dit. Groete, Sherry.
Jeanine G - Sep 2018
Gemiddeld
Rustig.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Rencia,
Dankie vir die bemoedigende resensie en die vyfster evaluasie. Dit beteken regtig baie vir ons en ons hoop om jul gou weer terug te verwelkom.
Vriendelike Groete
Sherry
Linda P - Sep 2018
Gemiddeld
Beste waarde vir geld.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Linda,
Dankie vir die pragtige beskrywing. Die beste nuus is dat ons goeie waarde vir geld is. Kom kuier gou weer!
Beste Wense,
Sherry
Rudy J - Sep 2018
Gemiddeld
Gerieflik geleë en baie aangename verblyf.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Rudi,
Dankie dat ons 'n volpunte vyfster resensie van julle ontvang het. Dit maak heeltemal ons dag. Hoop julle kom sommer gou-gou weer!
Allerbeste Wense,
Sherry
Cy F - Aug 2018
Gemiddeld
Lekker ontbyt.
Lees meerBoord Guesthouse se terugvoer
Beste Collette,
Dankie vir jou gedetailleerde beskrywing.
Baie, baie dankie ons is bly jul het die ontbyt geniet. Ons personeel is ons goud en ons sal die positiewe en hartlike kommentaar aan hul oordra.
Ja, ongelukkig het ons net die park tussen ons en die straat - en dit is nie doodstil nie, maar dit help met Stellenbosch se druk verkeer. 'n Mens kom gouer uit waar jy moet wees.
Die motors parkeer buite die gastehuis, op ons eiendom, in afgemerkte parkeerplekke en beslis nie in die doodloopstraatjie nie.
Daar was 'n probleem met die krag, omdat almal verhitting aangesit het met die koue. In die kamers kan 'n mens nie die olieverwarmers en die lugversorger gelyktydig aansit nie. Jammer daaroor. Hoop die warmwatersakke in al die beddens het darem gehelp.
Die kamer waarin julle gebly het was ons Proteasuite, nie die Familiekameer nie.
Die Proteasuite is oopplan. Daar is wel oopswaai dubbldeure na die badkamer.
Die Familiekamer het 'n voordeur, 'n deur tussen die hoofslaapkamer, 'n deur tussen die hoofslaapkamer, 'n deur tussen die kinders se kamer en die badkamer.
Daar is nie gange in enige van ons kamers nie, so dit is korrek.
Dankie dat u by ons gebly het en ek hoop die positiewe uitoorweeg die negatiewe. Ons hoop om u weer te verweklom.
Vriendelike groete,
Sherry Hoogenhout
Jenny H - Aug 2018
Gemiddeld
Very welcoming and obliging.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dear Jenny,
We are most happy to hear that our Night Manager was welcoming and obliging with a very late check-in and then a breakfast before Breakfast Service. So it should be and we are proud of him. Thank you also giving us full marks for Service and Cleanliness. We hope to welcome you back soon.
Warmest Regards,
Sherry
Raynita V - Apr 2018
Gemiddeld
Heerlik.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dit was 'n voorreg en 'n plesier en ons hoop om u gou weer te verwelkom.
Corlia L - Apr 2018
Gemiddeld
Pragtig en goeie waarde vir geld.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dankie. Nou is daar sterre in die staf se oë.
Mary-ann C - Mrt 2018
Gemiddeld
Het regtig baie lekker gerus.
Boord Guesthouse se terugvoer
Baie dankie Maryaan, ons sien uit na 'n volgende besoek. Ons bederf weer.
Sonet S - Feb 2018
Gemiddeld
Baie gemaklik en mooi. Mooi ingerig vir die kinders.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Sonet,
Baie dankie vir die bemoedigende woorde. Ons staf probeer altyd hul bes en ons sal jou aanprysingb oordra. Hulle is altyd so trots. Ons hoop om jul gou weer terug te verwelkom.
Beste Wense
Sherry
Janet U - Feb 2018
Gemiddeld
Ruim kamers met alles wat nodig en goed ingerig. Heerlike ontbyt.
Boord Guesthouse se terugvoer
Dankie Janet, vol punte. My personeel se oë blink.
Christiaan B - Des 2017
Gemiddeld
Lekker, aangename atmosfeer en goed toegerus. Sal Boord Guesthouse definitief aanbeveel!
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Christaan,
Jou aanbeveling beteken werklik baie vir my en die personeel. Ons hoop om jou gou terug te verwelkom.
Beste wense,
Sherry
Christiaan N - Des 2017
Gemiddeld
Baie mooi plek met goeie diens.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Christiaan,
Hartlik dankie! Kom kuier gerus gou weer.
Groete,
Sherry
Isabel T - Nov 2017
Gemiddeld
Goeie verblyf.
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Gert,
Dankie vir die positiewe terugvoering. Ons stel dit baie op prys. Jammer oor die fout op die stelsel. Soms is die betalingsbewyse effe stadig. Ons is so bly u het n goeie verblyf geniet en ons hoop u kom gou weer.
Vriendelike Groete
Sherry
(Eienares)
Anne-rita L - Okt 2017
Gemiddeld
Uitstekend!
Boord Guesthouse se terugvoer
Beste Anne-Rita
Baie baie dankie vir die positiewe terugvoer. Ek gee dit so deur aan die staff. Hulle sal baie bly wees. Ons hoop om jul gou weer terug te verwelkom.
Allerbeste wense
Sherry
Anika S - Sep 2017
Gemiddeld
Baie lekker.
Boord Guesthouse se terugvoer
Liewe Anika,
Dankie vir jou moeite om kommentaar te lewer. Dit beteken soveel vir die staf om erkenning te geniet vir hul harde werk. Ons sien baie uit om jul terug te verwelkom.
Allerbeste Wense
Sherry
Eienaar
Clara B - Des 2016
Gemiddeld
Huis weg van die huis af.
Boord Guesthouse se terugvoer
Baie dankie dat jy sulke wonderlike goed oor ons sê. Bright staan hier langs my met 'n baie groot smile op sy gesig. Ons het saam hierdie resensie oop gemaak - hy kyk oor my skouer, en ek vertaal "on the fly". Kom gerus nog 6 keer, julle is baie welkom hier.
Tuschka R - Okt 2016
Gemiddeld
Fantastiese plek, kan maklik kompeteer met 4-ster-hotel!
Boord Guesthouse se terugvoer
Hartlik dankie, Tuschka. Dit was heerlik vir ons om jou te verwelkom en ons sien baie uit na 'n hersiens .