Boord Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Boord Guesthouse resoneer perfek met Stellenbosch se wêreldbekende argitektuur. Die suites is uiters ruim en poog om 'n ware tuiste te skep. Ons verkies gaste wat effens langer in Stellenbosch tuisgaan en hul onafhanklikheid hoog op prys stel. Ons gaste wil gewoonlik die toeristestormloop probeer vermy en hierdie unieke universiteitsdorpie in al sy prag te beleef vanuit 'n blyplek met 'n gerieflike ligging.

Ons het nou ook 'n volledige dranklisensie en bied sommige van dié wêreldbekende area se lieflike wyne, sowel as ander drankies, in die gerief van jou kamer. 'n Kontinentale ontbyt is altyd by die tarief ingesluit. Ons voorsien nou ook luukse spa-behandelings in jou kamer.

Saans bedien ons 'n komplimentêre glas sjerrie en sjokolade in jou kamer. Gedurende die wintermaande is daar ook 'n lieflike warmwaterbottel.

Elke suite het 'n ekstra-lengte, koningingrootte-hemelbed, volledig toegerus met 'n kombuisie, 'n kluis, 'n en-suite badkamer en 'n privaat ruimte buite, DStv en gratis WiFi. Ons gesin-suite het 'n aparte sitkamer/eetkamer/kombuisie plus 2 slaapkamers: een vir volwassenes met 'n lieflike koningingrootte-hemelbed, en 'n aparte kamer vir kinders onder 12 jaar met 'n snoesige stapelbed. In hierdie spesifieke eenheid bly kinders onder 12 jaar gratis!

Ons is in 'n groot park, drie minute van Stellenbosch se historiese middedorp in Dorpstraat af geleë. Stellenbosch se Mediclinic en Die Boord Winkelsentrum is net 'n entjie met die pad af. Toegang tot die R44 is in 'n japtrap en dan bevind jy jouself plotseling op 'n wêreldbekende wynroete, of op pad na die Strand, Kaapstad en, natuurlik, die lughawe. By ons kan jy Stellenbosch se sentrale verkeer vermy.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Nagportier
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Boord Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R820 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]