Van Riebeeckstrand Akkommodasie by Bord De Mer | LekkeSlaap
+13

Bord De Mer

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Piet-my-vrou-laan 4, Melkbosstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 000 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Bord De Mer is Frans vir "langs die see". Dit is perfek vir diegene wat hou van vlieërbranderry en seilplankry en het direkte toegang tot die strand wat net 100 m weg is. Die netjiese, groot woonstel is in 'n doodloopstraat in Melkbosstrand.

Dié verblyf beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Albei kamers het direkte toegang tot die swembad-, dek- en tuinarea. Die aparte kombuisie het 'n yskas, mikrogolfoond, wasbak, eetgerei en kooktoerusting. Geriewe sluit gratis WiFi, 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler en DStv-toegang in.

Die woonstel is deel van die onderste verdieping van die hoofgebou en is heeltemal afgesonder. Gaste het 'n privaat ingang en aparte, veilige parkeerplek. Die gashere bly op die boonste verdieping en staan gereed om gaste te help indien dit nodig is.

Alhoewel die woonbuurt baie veilig en stil is, is daar heelwat veiligheidsmaatreëls in plek om te verseker dat ons gaste heerlik sal rus. Dit sluit diefwering, 'n heining om die perseel, veilige parkeerplek agter afstandbeheerde hekke en beligting in. Ons kan ongelukkig nie troeteldiere toelaat nie, omdat daar reeds 2 klein, gehoorsame hondjies op die perseel is.

Ons is binne stapafstand van die Koeberg Natuurreservaat af waar gaste kan gaan fietsry, stap, voëlkyk en wildkyk. Tafelberg, V&A Waterfront, die Kaapse middestad, wynroetes en Langebaan-strandmeer is 'n uur se ry van Melkbos af. Daar is ook 'n kruidenierswinkel, drankwinkel en restaurante in die omgewing.

Slaapplek

’n Bespreking by Bord De Mer sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 23 resensies vir Bord De Mer
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Piet-my-vrou-laan 4, Melkbosstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bord De Mer het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 000
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R2 000
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Piet-my-vrou-laan 4, Melkbosstrand, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE3Mjk3MmI4LThjZjYtNGQ1ZS1hNDNjLWZmNzU3ZjJjNGNhYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 000  per nag (vir 4 persone) 23 5 1 5 4 Piet-my-vrou ave Melkbosstrand 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.69808 18.44152
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za