Bos en Berg Guestfarm

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Bos en Berg Gasteplaas bied B&B-akkommodasie asook kooklesse en kunsvlytklasse. In "Ouma se Spens" verkoop ons onder andere organiese produkte soos karamel-pekanneute, konfyt en blatjang, verder is daar ook kwilte, en ander kunsvlyt items. Daar is privaat parkeerplek, asook 'n privaat ingang na die B&B vir gaste. Gaste sal hulself ook kan verlustig in die pragtige tuin met sy talle pekanneutbome.

Al 3 die ruim kamers het pragtige uitsigte oor die tuin. Ontbyt, middagete en aandete is nie ingesluit nie, maar dit kan gereël word indien dit vooraf bespreek word voor aankoms teen 'n addisionele koste. Let asseblief daarop dat rook verbode is in die kamers, Ongelukkig word troeteldiere ook nie toegelaat nie.

Die plaas is in 1970 deur die Pienaarfamilie gestig. Destyds, het die plaas heerlike soet perskes en appelkose verbou. Later van tyd het die eienaar, Peet Pienaar, ondersoek ingestel om te sien of daar pekanneutbome verbou kan word. Hoewel hy nie geweet het hoe die pekanneutbome die Skeerpoortklimaat gaan hanteer nie, het hy die eerste boord van 50 bome geplant. In 2006 het Hanru Pienaar, Peet se seun, sy pa se lewenswens verwesenlik en die hele plaas omskep in 'n werkende pekanneutplaas. Vandag verbou die plaas pekanneute vir plaaslike en internasionale markte, en verskaf talle werksgeleenthede.

Een van die plaas se landmerke is waar die Magalies- en Skeerpoortriviere ontmoet en saam in die Hartbeespoortdam invloei. In die somer hoor jy die waters brul, en in die wintermaande is dit kalm.

In 2003 het Annelien Pienaar besluit om haar onderwys-baadjie op te hang en het toe gaan studeer in die gasvryheid en kosbedryf, waarna sy haar eie fasiliteite op die plaas geopen het. Sy wou van die begin af mense bemagtig met vaardighede sodat hul later vir hulself 'n inkomste kan genereer. Al die smullekker produkte wat in 'Ouma se Spens' verkoop word, bevat geen preserveermiddels nie. Al die maaltye wat bedien word, word vars voorberei, en sluit lekkernye soos ons boerebrood en mosbolletjies in! Elke ontbyt, selfs ons boerewors, word tuisgemaak.

Kom kuier by ons huis, en ervaar ons boere-gasvryheid!

Kenmerke

  •  Afrikaans

Aktiwiteite op perseel

  •  Baarshengel
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bos En Berg Guestfarm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 R990 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 3 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za