Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bos-Geluk Huis

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Maroelastraat 585, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R690 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Bos-Geluk Huis is sentraal in Marlothpark geleë en bied gehalte-verblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende. Dis maklik bereikbaar vanaf die N4 en naby verskeie doendinge, besienswaardighede en geriewe.

Verblyf is beskikbaar in 2 selfsorghuise. Bos-Geluk is geskik vir tot 14 gaste en Bosaapie is ideaal 6 gaste wat verkieslik ouers met kinders is. Neem asb. kennis dat Bosaapie 'n klein eenheid is. Die kombuis is net groot genoeg vir 1 volwassene. Gehalte-matrasse, kussings en linne word voorsien en elke kamer het 'n waaier vir die warm somersdae. Elke huis het ook 'n kombuis wat volledig toegerus is, 'n sitarea met genoeg sitplek, lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi en 'n stoep met braaigeriewe.

Die perseel het 'n omsetter en die perseel word nie deur beurtkrag beïnvloed nie.

Die park het verskeie geriewe soos 'n gemeenskaplike swembad en 'n restaurant aan die oewer van die Krokodilrivier waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet terwyl hulle na die diere wat kom water drink kyk.

Gaste kan sebras, bosvarke en ander wild gedurende hul verblyf besigtig. Daar is ook nagapies by die voerpunte in die aande.

Bos-Geluk Huis is sowat 100 m vanaf die grens van die Krugerwildtuin wat deur die Krokodilrivier geskei word.

Nag- en dagritte is teen bekostigbare tariewe in die park en die Krugerwildtuin beskikbaar.

Mosambiek se grens is sowat 31 km weg en Swaziland se grens is 77 km weg. Gaste kan ook die Panoramaroete by Hazyview wat 148 km weg is besoek, en dit sluit God's Window, Bourke's Luck-kolkgate by die Blyderivierspoort en Mac Mac met pragtige uitsigte in. Gaste kan ook die wilde perde by Kaapsche Hoop anderkant Mbombela (Nelspruit) besigtig.

Bos-Geluk Huis se lugversorgers werk met koopkrag. Die eienaar laai slegs 30 eenhede op, en die gas sorg vir die res sodat die lugversorgers kan werk.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 48 resensies vir Bos-Geluk Huis
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.7/5

Susarah Maryna Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 80

Jaar gelys 6

Ligging

  • Maroelastraat 585, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Bos-Geluk Huis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R690
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R690
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Maroelastraat 585, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd82bad4a0ad05d980bf3bac4c0bc8b3c12ad6693f789e8522a641132fe209d811c0b9d5d1b20b873cdde7b62dd935d5bc7b2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R690 per nag (plek vir 6) 48 5 1 5 585 Maroela Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 09:00 -25.368623633158 31.759529110378
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem