Boschenmeer Grande Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tussen die prentjiemooi wynlande van die historiese Paarl- en Franschhoekvallei, lê Boschenmeer Grande Lodge, omraam deur die majestueuse Drakensteinberge en die bekende 'Paarl Rock'. Die lodge bied 'n rustige ligging teen die rivier gekombineer met luuksheid, privaatheid en sekuriteit om 'n gholflandgoed te skep wat ongetwyfeld alles het. Landskap-uitsigte en die prag van Boschenmeer sal jou siel streel.

Boschenmeer Grande Lodge is 'n gastehuis met 12 individuele kamers. Van die kamers het en suite-badkamers en die ander kamers het oopplan-badkamers. In die oopplan-kamers is die stort direk deur 'n glasdeur met die kamer verbind. Die kamers met aparte badkamers het vol badkamers met storte en baddens. Elkeen van die goed toegeruste kamers het gratis WiFi, lugversorging, 'n TV en koffie- en teemaakgeriewe. Die kamers spog met die mooiste uitsigte op Paarlberg of oor die gholfbaan.

Die beeldskone dorpie is net 40 minute se ry buite Kaapstad, aan die voorheuwels van die tweede grootste granietklipbank in die wêreld. Die dorpie en sy besienswaardighede lok baie besoekers wat aan 'n hele reeks doendinge en aktiwiteite kom deelneem. Daar is pragtige Kaaps-Hollandse geboue, skilderagtige padjies, wandelroetes en die Paarl-wynroete wat baie wynproe-geleenthede en restaurante bied. Paarl bied historiese bekoring, kultuur, argitektoniese erfenis, wyn- en vrugteplase, asemrowende uitsigte en verskeie fietsry- en natuurroetes. Die skilderagtige platteland, goeie wyne en vriendelike mense verwelkom jou in die dorpie waar rustigheid die moderne samelewing oortref.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Boschenmeer Grande Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za