Boskop Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Boskop Estate is op 'n bees- en perdeplaas sowat 20 km buite Potchefstroom. Die plaas bied verblyf in 4 basiese eenhede met verhit- en eetgeriewe.

Eenheid 1 is 'n ateljeewoonstel met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kombuisie het basiese verhit- en eetgeriewe, soos 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe.

Eenheid 2 het 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n aparte badkamer met 'n stort. Die oopplan-kombuisie en -eetarea het 'n yskassie, induksiestoof, eetgerei en breekware. Die eetarea het 'n etenstafel en stoele. Daar is ook 'n etenstafel met stoele en 'n braai op die stoep. Die eenheid werk met sonkrag en gas, so gaste kan behoorlik afskakel sonder tegnologiese steurnisse.

Eenheid 3 het 'n dubbelbed, enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die eenheid maak van sonkrag en gas gebruik. Die kombuisie het basiese verhit- en eetgeriewe, soos 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Die woonstel het ook beddegoed en handdoeke. Daar is 'n buitebraai-area en onderdakparkeerplek.

Eenheid 4 het 'n oopplan-uitleg en daar heers 'n plaas-atmosfeer. Dit het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die kombuisie het basiese verhit- en eetgeriewe, soos 'n mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n buitebraai-area.

Doendinge op die plaas sluit perdry, voëlkyk en bergfietsry in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Boskop Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za