Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bosky Dell

  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5 Grant-laan 5, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Bosky Dell (beskutte plek) is waarskynlik een van die min versteekte wegkruipplekke in die Kaap. Die ligging is uiters uniek, reg bo die ikoniese Boulders-strand.

Hierdie groot plaashuis, met waenhuis en stalle inkluis, is in 1850 gebou en is omskep in ons 5 bekoorlike selfsorgkothuise. Bosky bied gerieflike, rustige, privaat, silwerskoon akkommodasie sonder fieterjasies.

Die ruim, privaat gronde skakel met Boulders-strand. Ons tuinhek lei direk na die strand. Dié wit baaitjie is gespikkel met enorme rotse wat 540 miljoen jaar oud is. Dit is wind-beskut en bied veilige plek om te swem waar jy nie hoef te bekommer oor haaie nie.

Buiten die plek se weergalose prag is die strand ook bekend as die tuiste van die unieke kolonie Brilpikkewyne wat hulle in 1982 hier tuisgemaak het. Hier kan jy regtig saam met die pikkewyne swem! Dis 'n natuurliefhebber se paradys, 'n plek waarheen gaste keer op keer terugkeer.

Ons nooi jou om by ons te kom uitspan. Gaan terug in tyd, ontspan, herlaai jou batterye.

Die hoofhuis bied slaapplek aan 6 gaste in 3 slaapkamers. Die hoodslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort en wasbak. Daar is 2 aparte toilette. Daar is 'n sitkamer en eetarea, en 'n aparte kombuis. Die huis lei na 'n groot stoep wat uitkyk op die strand en die see. Die hoofhuis kan skakel met die B Kothuis vir groter groepe.

B Kothuis bied slaapplek aan 4 gaste in 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n aparte badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die leefarea lei na 'n semi-privaat tuin met 'n terras en ingeboude braai. Die kothuis kan skakel word met die hoofhuis vir groter groepe.

Kothuis A bied slaapplek in 2 slaapkamers, een met 'n dubbelbed en die ander een met 2 enkelbeddens. Daar is 'n klein oopplan-leefarea met 'n sitkamer en kombuisie wat lei na 'n privaat balkonnetjie met 'n uitsig oor die see. Die kothuis het 'n sonkamer met 'n see-uitsig. Die aparte badkamer het 'n stort, toilet en wasbak

Die Stalle is 'n opplan-ateljee, ideaal vir paartjies. Dit bied 'n ongelooflike see-uitsig, selfs van die bed af! Daar is 'n aparte badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die leefarea het 'n kombuis, eetkamer en sitkamer. Daar is 'n terras buite met 'n braai-area.

Die Koetshuis is uniek met 'n atlejee oor 'n laer oopplan-leefarea. Die leefarea bied 'n kombuisie, eetarea en sitkamer.

Al die huisies het klein platskerm-TV's, DStv (Easy View), boeke en tydskrifte.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 31 resensies vir Bosky Dell
Netheid
4.4/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
3.9/5

Ligging

  • 5 Grant-laan 5, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Bosky Dell het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 5 Grant-laan 5, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAPlD5a039gqRfvb0wTMOimOdQRjJjtZU7pMNMUltYn2AWKhENhv?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense 31 5 1 5 Grant Avenue Simonstown 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -34.198455320234 18.452203800786