Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Boston Ivy

Langtermynverblyf-aanbod 25% af

Kry 25% af vir verblyf wat 20 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rhosstraat 50, Boston, Kaapstad, 7530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 R938 per nag, vir 3 mense

Beskrywing

Boston Ivy is 'n selfsorgwoonstel wat op die eienaar se perseel in Boston, Kaapstad geleë is. Dit is ideaal vir 'n paartjie of 'n enkelreisiger wat op soek is na 'n gerieflike wegbreek en 'n sentrale punt naby verskeie geriewe.

Die woonstel is smaakvol ingerig met 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens. Die woonstel beskik ook oor 'n ten volle toegeruste kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof met 'n oond, sowel as breekware en eetgerei. Die badkamer beskik oor 'n wasbak, stort en 'n toilet. In die leefarea is daar 2 rusbanke, wat as derde slaapplek kan dien. Die woonstel het sy eie privaat ingang en ketelbraaigeriewe.

Verder is daar DStv-premium en gratis WiFi. Dit is 'n troeteldiervriendelike woonstel vir tot 2 klein hondjies, indien vooraf gereël. Daar is veilige onderdakparkeerplek vir een motor op die perseel en 24 uur-sekuriteitskameras.

Boston Ivy is naby verskeie winkelsentrums soos Tygervallei, Willowbridge en Century City geleë en is baie sentraal sodat gaste die nabygeleë wynroetes van Durbanville, Stellenbosch en die Paarl kan besoek, sowel as Kaapstad self. Die woonstel is naby 5 hospitale geleë, naamlik Tygerberg (4,7 km), Louis Leipoldt MediClinic (1,8 km), Karl Bremer (2,4 km), Bellville Mediese Sentrum - Melomed (800 m) en Panorama MediClinic (6,2 km). Ons is ook slegs 11,3 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.

Slaapplek

’n Bespreking by Boston Ivy sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Waaier
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 27 resensies vir Boston Ivy
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Rhosstraat 50, Boston, Kaapstad, 7530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Boston Ivy het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 250
R1 250 R938
per nag, vir 3 mense
Vanaf R1 250
R1 250 R938
per nag, vir 3 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rhosstraat 50, Boston, Kaapstad, 7530, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQuUntRuc039W7kGWu34Z65RmJxUHy1cgzRCoMwQzAmAcMw5dn3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 250 nouVanaf R938 per nag, vir 3 mense 27 5 1 5 50 Rhos Street Boston 7530 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-19:00 10:00 -33.895892 18.624678