Wes-Rand Akkommodasie by Bosvark Inn Wildsplaas | LekkeSlaap
+22

Bosvark Inn Wildsplaas

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R500, , Fochville, 2515, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 840 per nag (vir 12 persone)

Beskrywing

Bosvark Inn Game Farm bied gerieflike akkommodasie in die beeldskone bosveld met verskeie wildsoorte wat vrylik rondloop. Die wildplaas is sentraal geleë 80 km van Johannesburg af, 40 km van Potchefstroom af, 50 km van die Vaal Driehoek af en 30 km van Parys af.

Hierdie lieflike, ruim plaashuis het 3 slaapkamers, 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en enkelbed en 2 slaapkamers wat elk 3 enkelbeddens het. Daar is ook 'n aparte woonstel met 3 enkelbeddens. Die plaashuis bestaan uit 'n volledig toegeruste kombuis en sitarea. Die kombuis is toegerus met eetgerei, 'n stoof, 'n yskas en 'n mikrogolfoond. Die sitkamer het 'n TV met DStv en 'n kaggel. Daar is 'n groot boma waar gaste kan braai of ontspan en die stil aande met 'n helder sterrehemel kan geniet. Die huis word op 'n daaglikse basis skoongemaak.

Doendinge op die plaas sluit in: wildritte, vierwielmotorfietsritte, voetslaan en bergfietsry. Die wildsoorte op die plaas sluit in: koedoes, blouwildebeeste, swartwildebeeste, elande, rooibokke, springbokke, rooihartbeeste, njala's, sebra's, wilde bokke, waterbokke en daar is selfs 'n paar apies en bosvarke.

Parys en die Vredefort Koepel met sy interessante winkels, restaurante en kroeë is net 20 minute se ry weg.

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 2 resensies vir Bosvark Inn Wildsplaas
Netheid
4.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • R500, , Fochville, 2515, Gauteng
  • Gaste dink Bosvark Inn Wildsplaas het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Wes-Rand Gauteng
Vanaf R3 840
per nag (vir 12 persone)
Vanaf R3 840
per nag (vir 12 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R500, , Fochville, 2515, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc4NGExZjI3LTM4YjItNDE2ZC1hNTRhLTdhYmUyYzcwMGI1NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 840  per nag (vir 12 persone) 2 5 1 5 R500 Losberg 2515 Gauteng 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.59785705926 27.506922461641
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za