Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

[email protected] verwelkom jou by unieke verblyf op die randjie van Kampsbaai. Ons is ideaal bokant Kampsbaaistrand geleë en kyk uit oor pragtige wit strande wat deur die Atlantiese Oseaan skoongevee word. Daarmee saam bied ons panoramiese uitsigte, van noord tot suid, oor die kuslandskap en die see en tog is ons slegs 10 - 15 minute se stap van Kampsbaaistrand en sy gewilde restaurante af.

[email protected] is in die hartjie van Kampsbaai aan die Atlantiese kus en is slegs 5 minute se ry van die Tafelberg kabelspoor, 10 minute se ry van die SSK, die V&A Waterfront en 20 minute se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe af. Hiervandaan kan gaste rustig deur die Kaapse metropool, die Wynlande en na die vele gholfbane ry.

Die boetiekstyl-villa, 'n interessante kombinasie van 'n Switserse berghut en 'n strandhuis, is oorspronklik in 1955 gebou en 35 jaar later deur die eienaars, David Beach en Jennifer, opgekikker. Dit bied 4 ruim gaste-suites met uitsigte oor die see.

Die ontwerp is outentiek, oop en ruim met 'n verskeidenheid houtafwerkings en dubbelglasdeure, groot geboë vensters, brons beligtingseenhede en die oorspronklike gietystertrapreling wat dateer uit die geskiedkundige Seepunt President Hotel was in die vroeë 90's gesloop is.

Ten einde die gerief van ons gaste te verseker bied alle suites, wat daagliks skoongemaak word, 32 - 40" platskerm TV's, WiFi, lugversorging, elektroniese kluise, haardroërs, tee- en koffiemaakgeriewe en en suite-badkamers met 'n bad en/of 'n stort.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na [email protected] gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 895 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]