Boxley

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Boxley is in Claremont geleë, langs Nuweland Krieket- en Rugbystadions, Cavendish Square, Kirstenbosch Botaniese Tuine en stapafstand vanaf Woolworths Food Market en heerlike restaurante. Gaste sal die ligging, die fynbostuin, swembad en uitsigte van die berg geniet.

Die kamer is ruim, warm en sonnig en dit is ideaal vir paartjies, enkelreisigers en sakereisigers. Die kamer het 'n dubbelbed en 'n opsionele dubbelslaapbank op versoek met wit katoenlinne en vars handdoeke.

Die kamer het 'n lessenaar wat vir skootrekenaars en as 'n werkstasie gebruik kan word. Tee, koffie, 'n gevulde yskassie, graankosse, vrugte, roosterbrood en smere word voorsien. Die privaat badkamer het 'n Victoriaanse bad en 'n aparte stort.

Daar is 'n rustige tuin en wingerdprieel wat skadu bied en dit lei na 'n swembad aan die agterkant van die huis. Daar is ook 'n stoep met 'n pragtige uitsig van die fynbostuin, dammetjie en Tafelberg voor. Ouers met kinders sal daarvan hou dat die blyplek net 20 meter vanaf 'n lieflike speelpark met 'n ou stoomtrein is.

Neem asb. kennis daarvan dat die swembad nie 'n veiligheidsnet of heining het nie, so ouers moet hul kinders dophou. Wasgoeddienste is op versoek en teen 'n ekstra koste beskikbaar. Parkeerplek is in 'n besige straat beskikbaar. Indien gaste parkeerplek op die perseel verlang kan ons miskien die versoek toestaan indien dit vooraf gereël word vir die voertuig om agter 'n hek te staan.

Tee, koffie en 'n ligte ontbyt word voorsien, maar ongelukkig is 'n voorbereide ontbyt of geriewe waar gaste ontbyt kan maak nie beskikbaar nie.

Hierdie is 'n gesinshuis met kleinkinders en ouers wat gereeld kom kuier. Daar is ook twee vriendelike hondjies.

Slaapplek

'n Bespreking by Boxley sluit in:

1 x Dubbelbed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Kroegyskas
  •  Minikroeg
  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Boxley gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 R630 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za