Boyes Drive Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 20 % af

Kry 20% af. Geldig vanaf 17 Jun 2019 tot 8 Jul 2019.

Beskrywing

Boyes Drive Villa is 'n volledig toegeruste selfsorghuis aan die kant van die berg langs Boyes-rylaan. Die huis spog met 'n uitsig oor Valsbaai, en is ideaal in Muizenberg geleë naby Surfer's Corner, verskeie winkels, koffiewinkels en restaurante.

Dié huis het slaapplek vir 7 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea.

Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer en 'n buitestort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die vierde slaapkamer het 'n enkelbed en deel 'n deurgang met die derde slaapkamer. Die tweede badkamer het 'n bad en 'n stort.

Die elegante oopplan-kombuis en -leefarea het pragtige houtvloere en hoë plafonne. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, ketel en ander nuttige kombuis-toebehore. Die gemaklike sitkamer het 'n TV met DStv en 'n yster kaggel. Daar is 'n klein gastetoilet op die boonste verdieping langs die sitkamer. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 en lei na 'n tuin met buitelugmeubels, 'n vuurput, 2 braai-areas en 'n fantastiese uitsig.

Daar is ook bergfietse tot gaste se beskikking. 'n Markiestent kan voorsien word teen ekstra koste vir feesvieringe tydens Kersfees en Nuwe jaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Boyes Drive Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Boyes Drive Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 700 R1 360 per nag (plek vir 7)

Kry 20% af. Geldig vanaf 17 Jun 2019 tot 8 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za