Brackenfell Accommodation
Opsomming van Resensie
Hanlie K - Jun 2022
Gemiddeld
Gemaklik vir ons behoefte, skoon, netjies, vriendelike en gasvrye diens.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir die mooi terugvoer Hanlie, ek waardeer dit baie. Julle is enige tyd welkom by ons, en bring vir Charlie saam!
Vriendelike groete,
Elize.
Braam K - Mei 2022
Gemiddeld
Waarde vir geld met baie vriendelike eienaars.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir jou mooi woorde, ek waardeer jou terugvoer baie.
Altyd welkom hier.
Groete,
Elize.
Francois V - Mei 2022
Gemiddeld
Het kom oorslaap met 'n sporttoernooi.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir jou goeie terugvoer, ek is bly dat julle tevrede was met jul verblyf hier by ons.
Julle is altyd welkom.
Groete,
Elize
Jade J - Apr 2022
Gemiddeld
Our stay was very nice, I would recommend them to anyone.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Thank you for your kind words Jade, it was really nice to meet you. Welcome here for another visit at our place.
Regards,
Elize.
Erna S - Apr 2022
Gemiddeld
Dit was 'n plesier om daar te bly. Elize en Joe het uit hul pad gegaan om ons welkom te laat voel.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer Erna, altyd welkom by ons.
Groete, Elize.
Frederick B - Mrt 2022
Gemiddeld
Ideale oornag plek - baie tevrede.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Frederick baie dankie vir goeie terugvoer! Was regtig aangenaam om julle te ontmoet, julle is enige tyd weer welkom hier by ons.
Marius N - Mrt 2022
Gemiddeld
Wonderlike gasvry en vriendelikheid ervaar. Baie dankie.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir goeie resensie, ek is dankbaar dat julle tevrede was met alles! Julle is altyd welkom om weer by ons te kom oorbly.
Sandra P - Jan 2022
Gemiddeld
Die eienaars is wonderlike, gasvrye mense, ons mense. Sal verseker weer daar tuisgaan. Naby alles.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Sandra, dankie vir die mooi terugvoer. Julle is enige tyd welkom om weer by ons te kom oorbly.
Almal was net gesellig.
Vriendelike groete,
Elize.
Theresa B - Jan 2022
Gemiddeld
Baie rustig, netjies en veilig. Gasheer en gasvrou laat mens baie gou tuis laat voel.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Theresa, ek is bly dat julle tevrede was met jul akkommodasie! Was regtig lekker om julle te ontmoet. Altyd welkom by ons!
Joseph K - Des 2021
Gemiddeld
Baie netjies en skoon.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir goeie terugvoer!
Was lekker om julle te ontmoet, ek is bly dat julle tevrede was met akkommodasie. Julle is enige tyd welkom by ons!
Vriendelike groete,
Elize.
Topi M - Okt 2021
Gemiddeld
I can never forget the warm reception that I received.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Hi Topi,
Thank you for your kind words. It was a pleasure to have you here, and thank you so much for leaving your place so neat and tidy. It is much appreciated. You are more than welcome to visit again.
Kind regards,
Joe and Elize.
Carolyn V - Aug 2021
Gemiddeld
Lieflike mense en baie gemaklike verblyf.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Dagsê Carolyn, dankie vir positiewe terugvoer. Ek is bly julle was tevrede met jul verblyf hier. Ons streef daarna om vir ons gaste gelukkig en tevrede te sien. Welkom vir n volgende keer!
Vriendelike groete,
Elize.
Wouter D - Jun 2021
Gemiddeld
Waarde vir geld en vriendelike ontvangs!
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Goeiedag Wouter,
Baie dankie vir goeie terugvoer. Dit was aangenaam om jou te ontmoet, en weet jy is enige tyd welkom om weer by ons te bespreek.
Vriendelike groete
Elize
Samantha B - Apr 2021
Gemiddeld
Will stay there again.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Hi Samantha, thank you for your positive review! It was really good to meet you all. Welcome here when you visit Cape Town again.
Kind regards,
Elize.
Johan K - Mrt 2021
Gemiddeld
Die eienaars is baie gasvry en akkommoderend. Ligging is uitstekend, naby aan die N1 en inkopiesentrums.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Johan, baie dankie vir mooi opmerking. Ek is bly dat julle dit aangenaam gevind het. Dit was regtig lekker om julle hier te ontvang. Kom gerus weer wanneer julle Kaap se kant toe kom.
Vriendelike groete,
Elize.
Graeme E - Mrt 2021
Gemiddeld
Very good.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Hi Graeme,
Thank you for your positive review. I am glad you were happy with the accommodation. You are always welcome here when you visit Cape Town.
Kind regards,
Elize
Owen D - Feb 2021
Gemiddeld
Kan net së: wow!
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Owen, baie dankie vir positiewe terugvoer! Dit was lekker om julle te ontmoet, julle is enige tyd welkom wanneer julle weer Kaap toe kom. Vriendelike groete,
Elize.
André L - Jan 2021
Gemiddeld
Ek het soos die verlore seun gevoel wat tuis gekom het.
Lees meerBrackenfell Accommodation se terugvoer
André, baie dankie vir die mooi terugvoer! Ek waardeer dit regtig baie. Jy was 'n aangename gas, en regtig 'n aanwins om te leer ken. Jy het 'n blywende goeie indruk op ons gemaak, en ons het jou gemis nadat jy weg is, en ons wonder dikwels hoe dit met jou gaan. Baie dankie vir die pragtige geestelike boek en die mooi getuienis wat jy uitleef. Kom gerus weer wanneer jy Kaap toe moet kom vir besigheid. Sal jou graag hier wil ontvang. Beste wense, Joe en Elize.
Jeanette V - Des 2020
Gemiddeld
Skoon en netjies.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Jeanette, baie dankie vir goeie terugvoer i.v.m. akkommodasie hier by ons. Ek is bly dat dit aangenaam was vir julle.
Julle is enige tyd weer welkom by ons vir 'n Kaapse besoek.
Vriendelike groete,
Elize.
Martin M - Nov 2020
Gemiddeld
Value for money. Very nice clean and comfortable. Will re-visit anny time.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir mooi terugvoer Martin!
Ek is bly dat jy die akkommodasie aangenaam gevind het.
Altyd welkom n volgende keer.
Groete, Elize.
Izak L - Sep 2020
Gemiddeld
Ontpanne en gerieflik
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie Izak, was lekker om jou te ontmoet! Jy is altyd welkom om weer hier te bespreek.
Vriendelike groete,
Elize.
Carina F - Sep 2020
Gemiddeld
Veilige akkommodasie.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Carina, Baie dankie vir mooi terugvoer. Julle was regtig aangename gaste en was lekker om julle te ontmoet. Julle is altyd welkom om weer te bespreek wanneer julle in die omgewing is.
Vriendelike groete,
Elize.
Carmelita B - Aug 2020
Gemiddeld
Baie aangenaam. Sal enige tyd weer daar bly.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Carmelita, baie dankie vir jou mooi terugvoer! Dit was regtig lekker om jou te ontmoet, weet net jy is altyd welkom by ons! Jy is so n stil en aangename gas! Baie dankie dat jy die plekkie so netjies agtergelaat het, ons waardeer dit!
Vriendelike groete,
Elize.
Laurelle I - Feb 2020
Gemiddeld
Dit was baie lekker.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir terugvoering Laurelle!
Ek is bly julle het die verblyf geniet.
Groete,
Elize.
Sandy B - Jan 2020
Gemiddeld
Very neat and comfortable.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Sandy, thank you so much for your review! It was good to meet you and your family. Welcome to come again when you visit Cape Town. Kind regards, Elize.
Miempie S - Jan 2020
Gemiddeld
Absolute waarde vir geld en ongelooflike vriendelike eienaars! Baie sentraal - naby aan alles!
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir jou terugvoer Miempie. Dit was lekker om julle te leer ken. Julle is enige tyd welkom hier by ons hoor. Vriendelike groete, Elize en Joe.
Gideon J - Des 2019
Gemiddeld
Voldoen aan al ons vereistes!
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir julle ondersteuning by ons gaste plekkie. Dit was lekker om julle te ontmoet, en baie dankie vir die mooi terugvoering. Julle is welkom om weer te kom oorbly.
Vriendelike groete
Elize
Melinda S - Nov 2019
Gemiddeld
Wonderlike, netjiese en gerieflike plekkie.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Hi Melinda, baie dankie vir mooi terugvoering!
Julle is altyd welkom hier by ons wanneer julle weer Kaap toe kom.
Vriendelike groete,
Elize
Phillip O - Nov 2019
Gemiddeld
Regte, goeie, Afrikaanse mense.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Hi Phillip, Baie dankie vir jou positiewe terugvoer! Ek is bly dat jou verblyf hier by ons aangenaam was. Jy is altyd welkom hoor! Was regtig lekker om jou te kon ontmoet. Mooi dag verder. Vriendelike groete
Elize.
Joey S - Nov 2019
Gemiddeld
Fantasties! Waarde vir geld, sal beslis weer daar bly.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Joey,
Baie dankie vir positiewe terugvoering! Jy en jou twee hondjies is altyd welkom by ons, ons was nie eers bewus van hulle nie.
Vriendelike groete,
Elize.
Tinus P - Okt 2019
Gemiddeld
Geen privaatheid, sal nie weer truggaan nie.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Goeiedag Tinus,
Ek is jammer oor jy ontevrede was met die akkommodasie, die eerste gas in 11 jaar wat kla! Nietemin, dankie vir jou terugvoering.
Ons gaste se privaatheid is vir ons n prioriteit en van uiterste belang. Die rede waarom ek in die gaste woonstel moes ingaan, was omdat die hele plek binne, buite, asook in ons aangrensende woning, baie sterk na rook geruik het - dit nadat ek by aankoms gevra het geen rook binne die gaste-eenheid nie. Ek moes ondersoek gaan instel en het die vensters en gordyne oopgemaak vir vars lug. Ek het jou ook daarvan in kennis gestel.
Wanneer nuwe gaste inboek verwag hulle 'n vars en rookvrye woonstel.
Groete en mooi dag verder.
Elize
Michael O - Aug 2019
Gemiddeld
Rustige veilige akkommodasie met groot gasvryheid.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie Michael! Altyd welkom hier.
Groete,
Elize.
Johan V - Jul 2019
Gemiddeld
Ons het baie lekker gebly.
Lenada V - Jul 2019
Gemiddeld
Vriendelike mense-mense.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Lenada baie dankie vir mooi terugvoering! Ons gaste is vir ons belangrik! Jou twee hondjies was stroopsoet en mooi geleer, ons het nie eers geweet van hulle nie.
Vriendelike groete
Elize
Johannes Gerhardus S - Jun 2019
Gemiddeld
Friendly owners.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir die goeie terugvoer, Gerhard. Dit was lekker om julle te ontmoet!
Julle is enige tyd welkom hier by ons.
Groete,
Elize
Elizna B - Jun 2019
Gemiddeld
Gerieflike, veilige en netjiese oornag akkommodasie.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie Elizna! Ons was bevoorreg om jou te kan ontvang. Ek is bly jou verblyf was aangenaam. Xx
Tracey A - Apr 2019
Gemiddeld
Friendly stay.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Hi Tracey,
Thank you for your kind words!. It was a pleasure to have you here in our place. You are always welcome to visit again.
Kind regards,
Elize.
Gerhard V - Mrt 2019
Gemiddeld
Nog beter as voorheen.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir positiewe terugvoer Gerhard! Altyd welkom by ons.
Vriendelike groete,
Elize.
Hannes E - Mrt 2019
Gemiddeld
Baie prakties en goed ingerig.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir die mooi terugvoer, Hannes!
Julle is enige tyd welkom hier by ons.
Vriendelike groete,
Elize.
Margaret-dorothy V - Feb 2019
Gemiddeld
Lekker.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir mooi terugvoer, Dorothy. Ek is bly jy het die akkommodasie aangenaam gevind. Jy is meer as welkom om weer te kom kuier.
Vriendelike groete
Elize
Retha V - Des 2018
Gemiddeld
Netjiese, skoon, gerieflike verblyf. Ek kan dit onvoorwaardelik aanbeveel.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Retha, baie dankie vir positiewe terugvoer. Die halfuur vroeg en laat is regtig nie n probleem nie. Julle was wonderlike en gemaklike gaste, ons het nie eers van julle geweet nie. Julle 4-poot kind is ook te pragtig en soet. Altyd welkom om weer by ons te bespreek.
Vriendelike groete,
Elize.
Andre B - Des 2018
Gemiddeld
Gemaklik en bied als wat nodig is.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir mooi terugvoer Andre. Julle het die plek baie mooi netjies agtergelaat, baie dankie daarvoor. Ons waardeer dit. Julle gesin is welkom om weer te kom hoor.
Vriendelike groete,
Elize.
Berenice J - Des 2018
Gemiddeld
Pleasant, comfortable and conveniently situated.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir positiewe opmerking Bernice! Altyd welkom by ons.
Vriendelike groete,
Elize.
Charmaine T - Nov 2018
Gemiddeld
Rustig en vriendelik.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir die mooi terugvoer, Charmaine. Dit was lekker om jou en jou hondjie hier te hê.
Vriendelike groete
Elize
Sonja K - Okt 2018
Gemiddeld
Lekker geleë, baie vriendelik, netjiese plek.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie Daniel! Altyd welkom om weer te kom. Ons bouwerk is voltooi en die spasie is baie groter en geriefliker.
Vriendelike groete,
Elize.
Jan G - Aug 2018
Gemiddeld
Baie lekker gebly.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir die mooi terugvoer. Ons sal julle graag weer wil ontvang. Die bouwerk is voltooi en julle sal die plek nie herken nie. Baie meer spasie!
Groete,
Elize.
Sidney L - Jul 2018
Gemiddeld
Baie aangenaam, sal vir ander mense aanbeveel.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie Sidney, julle is altyd weer welkom by ons. Was wonderlik om mense soos julle te ontmoet en te kon ontvang, en was lekker om te sien julle braai elke aand!! Ons aanbouing begin more 17 Julie, so wanneer julle weer kom, gaan die plek anders lyk. Baie dankie vir julle ondersteuning by ons klein besigheid.
Groete,
Elize.
Madeleine S - Apr 2018
Gemiddeld
Gerieflik en skoon.
Liesbet P - Mrt 2018
Gemiddeld
Gasvrye ontvangs. Rustige omgewing en baie gerieflike oornagplek.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie vir julle ondersteuning Liesbet. Ons waardeer dit. Julle is enige tyd welkom om weer te kom.
Vriendelike groete,
Elize
Lucille B - Mrt 2018
Gemiddeld
Baie netjies en rustig.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie Lucille, julle is altyd welkom by ons.
Mooi dag vir julle.
Vriendelike groete,
Elize.
Antoinette M - Feb 2018
Gemiddeld
Die hosiptaliteit was 110%.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Antoinette, baie dankie vir goeie terugvoer van jou kollega. Sy is enige tyd welkom om weer te kom oorbly.
Vriendelike groete
Elize
Magda L - Feb 2018
Gemiddeld
Netjies en baie gasvrye mense.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie Magda! Ons gaste is vir ons belangrijk daarom wil ons beste diens lewer. Julle is altyd welkom by ons!
Vriendelike grote,
Elize.
Martie F - Jan 2018
Gemiddeld
Alles wat nodig is en baie netjies.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie Martie. Altyd welkom by ons.
Groete,
Elize.
Michael R - Jan 2018
Gemiddeld
Brackenfell Accommodation is klein, maar die gasvrou se hart is groot!
Lees meerBrackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie Michael, dit was lekker om julle hier te kon ontvang. Julle is altyd welkom en bring maar die perd saam.
Francois D - Des 2017
Gemiddeld
Formidabel.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Baie dankie Francois. Altyd welkom by ons.
Geseënde Feestyd vir jou en jou gesin.
Vriendelike groete,
Elize.
Sebastian K - Des 2017
Gemiddeld
Lekker rustig veral as jy wil uitrus en ontspan.
Eurika V - Okt 2017
Gemiddeld
Heerlik gebly en aan te bevele vir mense wat met troeteldiere reis. Baie vriendelike en gasvrye eienaars.
Jaco V - Okt 2017
Gemiddeld
Lekker en skoon.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Beste Jaco,
Baie dankie vir jou terugvoer. Jy is altyd welkom om weer te kom.
Vriendelike groete,
Elize - Brackenfell Accommodation
Gerhard V - Mrt 2017
Gemiddeld
Skoon, netjiese en gemaklike verblyf met gasvryheid daarby.
Lees meerBrackenfell Accommodation se terugvoer
Gerhard,
Baie dankie vir jou positiewe kommentaar, waardeer dit opreg! Die eenheid word verhuur as n selfsorg eenheid, sooswat beskryf word op webtuiste, daarom gaan niemand in om plek te diens nie, slegs in gevalle van langer verblyf word daar vooraf reëlings getref om die plek te diens.
Ons respekteer ons gaste se privaatheid ten alle tye, en sal altyd eers toestemming vra en n reeling tref om in te gaan indien nodig.
Baie dankie dat jy van ons akkommodasie gebruik gemaak het, jy is altyd welkom indien jy/julle akkommodasie benodig.
Vriendelike groete,
Elize.
Jeni G - Mrt 2017
Gemiddeld
Wonderlik.
Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.
Wonderful.
Very small and really no kitchen space. The price for the room a bit high.
Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.
Hester N - Mrt 2017
Gemiddeld
Uiters netjies en heerlik rustig.
Lees meerBrackenfell Accommodation se terugvoer
Dankie Hester! Jy was 'n gas duisend, jy het die plek so netjies agtergelaat, dit word opreg waardeer hoor. Ons was nie eers bewus van jou pragtige woefie nie, regtig 'n opgevoede klein Yorkie! Onthou jy is altyd welkom by ons.
Liefde,
Elize.
Adri V - Jul 2016
Gemiddeld
Goeie vriendelike diens.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Dankie Adri! Jy was 'n gas 1000! Ons was nie eers bewus van jou 2 hondjies nie, hulle was so soet en stil. En baie dankie dat jy die plek so netjies agtergelaat het. Dit word baie waardeer. Regtig 'n persoon met integriteit en trots. Jy en jou hondjies (jou kinders) is enige tyd welkom by ons hoor! xx
Derrick G - Jan 2016
Gemiddeld
Baie gemaklik en welkom gevoel.
Brackenfell Accommodation se terugvoer
Dankie Derrick! Dis spesiale gaste soos julle wat vir ons waardevol is! Kom gerus weeer!!
Groete,
Elize.
Belinda N - Jan 2015
Gemiddeld
Awesome. Will use again
Johan K - Nov 2014
Gemiddeld
Baie tevrede, rustige omgewing.
Robyn M - Jul 2014
Gemiddeld
Goed.
Jackie C - Jan 2014
Gemiddeld
Dit was pragtig skoon en die eienaar was baie vriendelik en gasvry.
Diedrich V - Des 2013
Gemiddeld
Goed!
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fuschialaan14, Brackenfell, Kaapstad, 7560, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom