Braeside Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Braeside Guest House is in Swellendam geleë en bied asemrowende uitsigte op die Langeberge, 'n swembad en 'n tuin. Dié Kaaps-Edwardiaanse-styl gastehuise is naby die dorp.

Verblyf is beskikbaar in 5 gastekamers wat elkeen 'n unieke tema, lugversorging en en suite-badkamers het. Geriewe sluit koffie- en teemaakgeriewe, 'n elektroniese kluis, 'n haardroër en WiFi in.

Gaste kan kies tussen 'n kontinentale ontbyt-buffet met vars vrugte, ontbytgrane, kase en koue vleise, varsgebakte muffins, brood, marmelade en konfyt, of 'n heerlike warm ontbyt met ons plaaseiers. Dit word op die patio of in die elegante eetkamer bedien.

Die hoofhuis, gebou in 1901, beskik oor 'n patio, ontvangsarea, sitkamer en eetkamer. Die groot tuin het inheemse en tropiese blomme, plante en bome. Daar is dammetjies en 'n sierfonteintjie met dekoratiewe eendjies. Gaste kan gaan walviskyk, voetslaan en haaihokduik gedurende hulle verblyf. Bontebok Nasionale Park is 7 km weg en De Hoop Natuurreservaat is 46 km weg. Gratis,veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Braeside Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false