Brandwacht Mountain Suite

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die bekoorlike Brandwacht Mountain Suite is in 'n stil straat aan die voet van die Stellenbosch-berge geleë. Die suite is sowat 10 minute se ry vanaf Stellenbosch se lewendige middedorp geleë, en is ideaal vir bergfietsry, voetslaan en paartjies met 'n maksimum van 2 kinders.

Gaste het privaat toegang tot hul eie sitkamer/TV-kamer, kombuisie, aparte kamer, 'n en suite-badkamer en 'n patio. Die slaapkamer beskik oor 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, sowel as 2 uittrekbeddens vir 2 kinders. Tee, koffie en melk word vir gaste voorsien. Daar is plek om fietse te stoor in die suite se voorportaal of in die gashere se motorhuis.

Daar is ook 'n lesinglokaal/vergaderlokaal met sitplek vir 10 op die perseel. Dit is tussen 8:00 en 13:00 beskikbaar indien dit vooraf gereël word. Dit is toegerus met 'n platskerm-TV, HDMI-verbinding en WiFi. Dit kan van die pad af bereik word.

Daar is 'n swembad by die hoofhuis, maar as gevolg van die waterbeperkings is dit tans buite werking. 'n Gasbraai kan op versoek voorsien word. Dit is 'n voetslaner en 'n 'n bergfietsryer se droom, aangesien dit naby verskeie stap- en fietsroetes geleë is. Dié verhewe area van die luukse Brandwacht-buitewyk is welbekend vir sy maklike toegang tot die bergfietsroetes, soos Eden- en, Coetzenburg-enkelspoor, sowel as G-Spot. Die suite is heeltemal afgesonder van die hoofhuis, maar deel tog dieselfde dak.

Slaapplek

'n Bespreking by Brandwacht Mountain Suite sluit in:

1 x Koninggrootte-bed
2 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Brandwacht Mountain Suite gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R695 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false