Tulbagh Akkommodasie by Brandwag | LekkeSlaap
+53

Brandwag

12 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Erfdeel, Langs die Winterhoekpad, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Brandwag is op 'n kleinhoewe tussen heuwels in die Winterhoekberge, net 12 km van Tulbagh af.

Verblyf word gebied in 2 eenhede met pragtige uitsigte op die Klein-Winterhoek-, Sneeugat- en Witzenberge. Die Brandwag-anneks wat deel van die hoofhuis uitmaak, het slaapplek vir 'n paartjie met 2 kinders, en is ideaal vir gaste wat net wil oornag. Dit het 2 slaapkamers, 1 badkamer, 'n basiese toegeruste kombuisie en 'n privaat ingang.

Brandwag het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 'n privaat ingang. Dié huis het 3 slaapkamers waarvan 1 en suite is. Die ander 2 slaapkamers deel 'n volledige badkamer. Verder het die huis 'n kombuis en 3 sitareas en gaste het toegang tot die swembad.

Brandwag-anneks wat deel van die groothuis uitmaak, kan saam bespreek word vir 'n groep of familie. Braaigeriewe en veilige parkeerplek is beskikbaar. Gaste kan deur die boorde na die dam gaan stap, piekniek hou, of saans sterre kyk. Daar is ook talle staproetes en doendinge soos perdry en wynproe daar naby.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Spaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 12 resensies vir Brandwag
Netheid
4.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Plaas Erfdeel, Langs die Winterhoekpad, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Gaste dink Brandwag het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tulbagh Boland Wes-Kaap
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Erfdeel, Langs die Winterhoekpad, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaXCDf4EqdSzWF7NHlgD6DWga9MY3u4A14thTIysmzU3oRta9nM?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (plek vir 4) 12 5 1 5 Farm Erfdeel Off Winterhoek Road 6820 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.189413414821 19.152419795282
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za