Breakwater Holiday Home and Self-catering Units

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Breakwater Holiday Home and Self-catering Units is 'n lieflike gastehuis langs die see in Yzerfontein. Die eenhede is naby die strand en bied 'n uitsig oor die Atlantiese Oseaan. Daar is 'n voetslaanroete wat voor die huis verbygaan in die Yzerfontein-bewarea.

Verblyf word gebied in 3 onafhanklike eenhede. Die boonste eenheid beskik oor 2 kamers wat deur 'n oopplan-sitkamer en -eetkamer verbind word. Daar is 'n oopplan-kombuis met 'n yskas-vrieskas en skottelgoedwasser. Braaigeriewe is beskikbaar. Elke kamer het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer en 'n privaat dek met 'n see-uitsig. Linne en badhanddoeke word voorsien. Die boonste eenheid word via 'n oprit bereik.

Onder is 2 individuele kamers wat apart verhuur word. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer, koffiekroeg en 'n yskassie. Dié 2 kamers lei na gemeenskaplike stoep met 'n uitsig oor die see. Die kamers het ook draagbare braaigeriewe.

Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike waskamer met 'n wasmasjien en tuimeldroër. Parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Breakwater Holiday Home And Self-catering Units gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R730 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za