BreNay Luxury Self-catering

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

BreNay Luxury Self-catering is 'n selfsorgwoonstel in Bettiesbaai sowat 600 m vanaf die asemrowende Silver Sands-strand. Dit bied 'n ongelooflike uitsig oor die see en op die berg. Die woonstel is op die boonste verdieping van 'n privaat woning en het sy eie, aparte ingang.

Daar is slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders en die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met basiese toiletgeriewe en 'n haardroër.

Die kombuis is goed toegerus en die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6. Daar is 2 enkelbeddens in die leefarea wat slegs vir kinders geskik is. Die gemaklike sitarea spog met 'n ingeboude braai en 'n platskerm-TV. Die sitarea bied toegang tot 'n balkon met 'n lieflike uitsig.

Ekstras sluit 'n verwarmer, strykyster en -plank en gratis WiFi in. Daar is 'n lughawependeldiens, en dagtoere en fietsverhuring kan gereël word.

Slaapplek

'n Bespreking by BreNay Luxury Self-catering sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 kinders
2 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na BreNay Luxury Self-catering gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za