Brenton Paradise

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Brenton Paradise is in Brenton-On-Sea geleë en dit bied gehalteverblyf wat smaakvol versier is. Dié dubbelverdiepinghuis het pragtige uitsigte oor die oseaan en is naby die strand geleë.

Daar is 5 slaapkamers met slaapplek vir 10 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die slaapkamers het elk toegang tot sy eie houtdek met asemrowende uitsigte oor die oseaan. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde en vyfde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens.

Die kombuis is toegerus met alles wat jy nodig het vir selfsorg, soos 'n stoof, oond, yskas, vrieskas, 'n ysmasjien, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Die leefarea het gemaklike sitplek en daar is 4 TV's in die huis wat elk hul eie DStv, klankstelsels en DVD-spelers het.

Die huis word 3 keer 'n week skoongemaak en die skoonmaker is verder teen'n addisionele koste beskikbaar. Die skoonmaker help met skottelgoed, wasgoed en om seker te maak daar is skoon linne op versoek.

Die vermaakarea het braaigeriewe wat dit die perfekte plek maak om saam met vriende te kuier en die leefarea en vermaakarea lei na 2 groot dekke aan die see se kant.

Die dubbelverdiepinghuis het 1 stel trappe en die erf rondom die huis het steil afdraandes, so kinders moet ten alle tye onder toesig wees.

Daar is genoeg parkeerplek vir 3 voertuie voor die huis en 2 voertuie én 'n sleepwa in die motorhuis. Die huis het ook 'n moderne alarmstelsel.

Brenton-On-Sea is die ideale akkommodasie vir 'n groot gesin of 'n groep vriende. Dit is net 'n kort entjie se stap van die Blouvlagstrand af, maar dit is 'n steil ent se stap terug na 'n lang dag op die strand. Gaste kan ook die strand te voet tot by Buffelsbaai volg wat sowat 5 km daarvandaan is.

Brenton-on-Sea het 'n winkeltjie en daar is talle restaurante naby die huis. Knysna het baie besienswaardighede, doendinge en geriewe wat net 8 km daarvandaan is. Die Knysnastrandmeer is ook net 2,5 km daarvandaan.

Slaapplek

'n Bespreking by Brenton Paradise sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Duits

Konferensie geriewe

  •  DVD-speler
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Brenton Paradise gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za