Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Bretton Beach Crest Holiday Cottages

  • Kapasiteit: 54 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Freshwater-weg 39, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R640 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Bretton Beach Crest Holiday Cottages bied selfsorgverblyf aan die buitewyke van Port Alfred. Dis ideaal vir paartjies, gesinne of groepe vriende wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en ander besienswaardighede.

Verblyf by Bretton Beach Crest Holiday Cottages word in 9 eenhede aangebied wat almal uniek en smaakvol ingerig is. Elke kothuis bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders (nie 6 volwassenes nie) en het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens in die hoofslaapkamer, 'n dubbelstapelbed vir die jongspan in die tweede kamer en 2 enkelbeddens in die leefarea. Dis ideaal vir 'n maksimum van 4 volwassenes en 2 kinders. Elke eenheid beskik oor 1 badkamer met 'n stort-oor-bad, wasbak en 'n toilet. Verder is daar ook 'n goed toegeruste kombuis in elke eenheid met 'n yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond en 'n gasstoof met 'n oond. Gaste moet asb. hul eie handdoeke en toiletware saambring.

Elke kothuis het 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n braaiplek. Gaste is welkom om hul eie DStv- dekodeerder en -slimkaart saam te bring indien hul volle DStv wil hê. Die eiendom word beveilig met sekuriteit en kameras. Daar is oorgenoeg parkeerplek op die perseel vir voertuie. Die eenhede is omtrent 150 m van die strand af waar gaste die rotspoele kan verken, swem of kan hengel. Daar is 'n rotspoel wat perfek is vir kinders.

Bretton Beach Crest Holiday Cottages is net 3 km van Port Alfred se middedorp af waar jy algemene inkopies kan doen, by restaurante kan eet, sport kan beoefen, bote of kano's kan huur, kan voetslaan, perdry of gholf kan speel by die Royal Port Alfred Gholfbaan.

Die eienaars bly op die perseel en is dus altyd beskikbaar om gaste by te staan as hulle iets nodig het.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 170 resensies vir Bretton Beach Crest Holiday Cottages
Netheid
4.5/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Freshwater-weg 39, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
  • Gaste dink Bretton Beach Crest Holiday Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R640
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R640
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 54 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Freshwater-weg 39, Port Alfred, 6170, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNiNzg1MDE3LTAyMzItNDU0YS1hYjRjLTYwOTRjMDZlZmM3MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R640 per nag, vir 2 mense 170 5 1 5 39 Freshwater Road Port Alfred 6170 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.617098063339 26.876902155721