Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Brevisbrook

B&B
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 28 Waverleydale Pad, , Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R930 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Geniet die hartlike gasvryheid in Pietermaritzburg wanneer Patrick jou by die 'Brevisbrook' verwelkom. Gaste voel heel ontspanne in hierdie rustige verblyf met 'n landelike styl wat in 'n welige omgewing staan en met inheemse bome en 'n borrelende stroompie omring is.

Vyf smaakvol versierde eenhede met lugreëling het hul eie private ingange, en suite badkamers met bad en 'n aparte stort. Ander fasiliteite sluit gemakstoele, TV met DStv, verwarmers, waaiers, elektriese komberse, haardroërs, radio-wekker, 'n muurkluis en tee/koffieskinkborde in.

'n Vol Engelse ontbyt met vrugtesappe, jogurt en graankosse, spek, worsies, tamatie, sampioene of gebakte aartappels, met eiers, roosterbrood, tee en koffie word persoonlik deur ons gasheer/vrou in die eetkamer bedien.

'n Aantal gehalte restaurante is naby ons in die omgewing.

Kredietkaarte is welkom.

Naby is die Botaniese Tuine, gholf en sportklubs, perdrygeleenthede, 'n kasino en museums.

'Brevisbrook' is 'n ideale wegspringplek om interessanthede in die omgewing te verken.

* Ry omtrent 20 minute tot by die indrukwekkende Howick waterval (97 km) wat by die Zoeloes bekend staan as 'Die lang een'.

* Ondersoek die sag golwende platteland van die Natal se binneland met sy verskeidenheid aan ondervindinge en verskillende kunshandwerke, kuns en restaurante.

* Verkyk jouself aan die skouspelagtige Drakensberge, 'n lekker 2 ure se skilderagtige motorrit van hier af, of ry die Sani-pas op na Lesotho vir 'n eenmalige ondervinding: Stop by die hoogste kroeg in Suid-Afrika.

* Besoek die Vallei van 'n 1000 Heuwels vir 'n ervaring van Afrika-sang en -dans.

* Daar is 'n aantal mooi strande net 'n paar ure weg van hier waar 'n mens veilig in die Indiese Oseaan kan swem.

* 'n Privaat wildpark is omtrent 35 km van hier af en heelwat diere kan gesien word.

Die plasing van 'n verblyfplek is baie belangrik as 'n mens met besigheid, of met 'n vakansie van die huis af weg is - kom derhalwe na ons toe om 'n genotvolle, gerieflike dag of 'n week by ons deur te bring - of jy nou 'n sakeman, 'n toeris, of sportman is wat vir sportgebeurtenisse, of 'n bruilof, of ander funksies wil kom.

Selfs die uiters toegewyde werk-slaaf sal dit hier regkry om 'n bietjie plesier te hê!

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 9 resensies vir Brevisbrook
Netheid
4.7/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Patrick Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 9

Jaar gelys 14

Ligging

  • 28 Waverleydale Pad, , Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Brevisbrook het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R930
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R930
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 28 Waverleydale Pad, , Pietermaritzburg, 3201, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA004f9c9b293bfc5179e41a55a477ac66c0adba8633a62f60c41486a0f12d8de79fe28bc9084a7d5ac0487e0b7fc2fd9e313d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R930 per nag, vir 2 mense 9 5 1 5 28 Waverleydale Road Boughton 3201 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -29.60454 30.3285
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem