Bright Valley Tented Chalets

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Bright Valley Tented Chalets is in Tesselaarsdal geleë en word omring deur die majestueuse Overberge. Hiér sal gaste heerlik kan ontspan. Tesselaarsdal is 21 km vanaf Caledon, 38 km vanaf Stanford, 45 km vanaf Hermanus en 150 km vanaf Kaapstad.

Dié tent-chalets bied selfsorgverblyf en is rustiek, dog elegant. Dis op verhewe dekke met 'n asemrowende panoramiese uitsig op die Overberg-bergreeks. Elke tent het 'n kombuisie wat volledig toegerus is, badkamer, sitkamer, dek en privaat braaigeriewe. Jy kan ontspan en afskakel langs die braai, op die houtdek en in die tent. Elke tent-chalet is ontwerp om jou verblyf gerieflik en ontspanne te maak.

Daar is ook 'n plonspoel en jy kan langs die swembad braai.

Bright Valley Tented Chalets bied 'n klimraam en trampolien, asook 'n troelelplaas met alpakka-broers, Chaos en Thumper, dwergbokkies, Bucky, Billy en Nelly, en 'n haasgesin. Marty en Zoey is ons 2 pragtige sebras en nuwelinge by Bright Valley Tented Chalets.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bright Valley Tented Chalets gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]