Britannia Reef

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Britannia Reef is in Britanniabaai naby die Gouemyl en binne loopafstand van die strand af geleë. Dit bied jou die geleentheid om 'n ware Weskus-leefstyl en eenvoud, gekombineer met die rustige atmosfeer van 'n kusdorpie, te beleef.

Die huis beskik oor 2 slaapkamers en 'n gedeelde badkamer. Die knus sitkamer-area het 'n TV met volle DStv en 'n DVD-speler. Daar is ook 'n braai-area binne waarvan gaste gebruik kan maak. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond en ketel. Daar is 'n klein stoeparea buite met 'n piekniektafel en vuurput.

Britannia Reef bied maklike toegang tot die see en die beskutte Britanniabaai met sy oorvloed seelewe en ellelange, ongerepte strande. As jy die skiereiland 'n bietjie verken, sal jy 3 verskillende soorte strande, elk met sy eie unieke karakter vind. Dit bied 'n verskeidenheid doendinge sommer op jou voorstoep. Die beskermde baai met sy effens warmer water is jaarliks 10 maande lank die tuiste van die noorkapperwalvis en die boggelrugwalvisse. Die omgewing spog met meer as 200 voëlspesies en 2 van die mooiste soorte inheemse veldblomme floreer in die lente hier.

Neem asb. kennis dat troeteldiere nie toegelaat word nie.

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Britannia Reef gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]