Brommaert Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Brommaert Place is in Constantia geleë en is 'n lieflike, veilige en rustige huis met 'n uitsig op die berge. Hierdie huis is ideaal vir onthaal en het direkte toegang tot Constantia se parkgordel met wandelpaadjies en perdryroetes.

Dié huis beskik oor 3 dubbelkamers en 'n aparte vierde slaapkamer op die onderste verdieping. Daar is slaapplek vir 2 gesinne. Die huis is ideaal vir kinders met 'n groot tuin en 'n trampolien. Daar is ook 'n swembad, buitebraai en 'n onthaalarea met 'n kroegkamer. Die omvou-patio is ruim en het direkte toegang vanaf die hoofslaapkamer en die leefarea.

Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en skuifdeur wat lei tot die patio. Dié kamer het ook 'n ruim kleedkamer en 'n en suite-badkamer met 'n losstaande bad, stort en verhitte handdoekrelings. Die tweede en derde slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed. Die vierde slaapkamer is op die onderste verdieping en het sy eie privaat dek en buite-area. Dié kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n privaat badkamer met 'n sauna.

Die huis het ook 'n groot oopplan-uitleg en 'n kombuis met 'n ontbythoekie en 'n aparte opwaskamer. Die eetarea het sitplek vir 10 mense. Die aparte kinderkamer het 'n tweede TV en daar is ook 'n informele TV-area en 'n formele sitkamer. Die patio het 'n eetkamertafel met sitplek vir 8 mense. Die kroegkamer bied toegang tot die patio met 'n braai-area en rusbanke en is die ideale area vir onthaal.

'n Skoonmaakdiens word 3 keer per week voorsien en gaste het toegang tot uitstekende sekuriteit met 'n elektriese heining reg rondom die perseel. Hier woon ook katte op die perseel. Die ligging bied toegang tot Constantia se wynplase, restaurante, markies, parkgordels en boetiekwinkels.

Slaapplek

'n Bespreking by Brommaert Place sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Brommaert Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R14 510 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]