LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Brooklands Reserve | LekkeSlaap
+51

Brooklands Reserve

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vaalvleiweg, Brooklands Reserve, Bathurst, 6140, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 750 per nag (vir 10 persone)

Beskrywing

Brooklands Reserve is 'n 600 hektaar-wildsplaas wat privaat besit is en deur 'n gesin bestuur word in die Bathurst-area in die Oos-Kaap. Verken die Afrika-bosveld en besigtig die wild wat vrylik rondloop in 'n verskeidenheid habitatte soos grasland, rivierfront, berghange, valleie en dig woude.

Die kothuis is rustiek en het 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die 3 en suite-badkamers het elk 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.

Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n etenstafel. Die stoep het sitplek en 'n hout- en houtskoolbraai.

Doendinge sluit bergfietsry, velddraf, vang-en-vrylaat-riviervisvang, kanovaart, voëlkyk, swem in die reservoir-swembad of in die rivier, tennisspeel, boeklees onder 'n boom of mediteer in.

Daar is 'n verskeidenheid wild wat op die plaas aangetref kan word soos kameelperde, sebras, njalas, waterbokke, koedoes, rooiribbok, blesbok, rooihartebeeste, impalas, duikers, bosbokke en vlakvarke.

Die voëllewe by Brooklands is gesog en voëlkykers kom om die bosloerie, wespedief, gevlekte heuningwyser, swartkatakoeroe, papegaaiduif, gekroonde neushoringvoël, kroonarend en die visarend te sien.

Slaapplek

’n Bespreking by Brooklands Reserve sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 4 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
Koningingrootte-bed Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 4 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xStapelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Vaalvleiweg, Brooklands Reserve, Bathurst, 6140, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 750
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R3 750
per nag (vir 10 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vaalvleiweg, Brooklands Reserve, Bathurst, 6140, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc5fe0acb69b07a34545be8f13a641b2a630704f731cef7d197d552071050731be32c9c0420b58a5d17261b1c82acdd4f6d22?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 750  per nag (vir 10 persone) Vaalvlei Road Brooklands Reserve 6140 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.490139854518 26.617641448975
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!